Перейти к содержимому

’n graankorrel nie in die grond val en sterf nie - Ps Wynand Minnaar

Hoedspruit Gemeente

0:00 / 0:00

’n graankorrel nie in die grond val en sterf nie - Ps Wynand Minnaar

16 просмотров · 6 месяцев назад
Hoedspruit Gemeente
105 подписчиков
16 просмотров · 6 месяцев назад
’n graankorrel nie in die grond val en sterf nie Ps Wynand Minnaar Johannes 12:20-21 (NLV) Daar was ook ’n klompie Grieke onder dié wat opgetrek het om op die fees te kom aanbid. Dié mense het toe na Filippus, wat vanaf Betsaida in Galilea gekom het, gegaan en vir hom gesê: “Meneer, ons wil graag vir Jesus ontmoet.” Johannes 12:22 (NLV) Filippus gaan vertel dit toe vir Andreas. Daarop gaan Andreas en Filippus en vertel dit saam vir Jesus... Johannes 12:24-25 (NLV) Ek verseker julle, as ’n graankorrel nie in die grond val en sterf nie, bly hy net op sy eie bestaan; maar as hy sterf, lewer hy ’n groot opbrengs. Wie hulle eie lewe liefhet, verloor dit; maar wie hulle lewe in hierdie wêreld haat, sal dit met die oog op die ewige lewe behou. Johannes 12:27-28 (NLV) “Nou is Ek hewig ontsteld. En wat moet Ek sê? Moet Ek sê: ‘Vader, red My uit hierdie uur’? Tog het Ek juis vir hierdie uur gekom. Vader, verheerlik ú Naam!” Toe het daar ’n stem uit die hemel gekom: “Ek het dit alreeds verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.”