Psalm 4 - In Vrede Rus Ek By U
Volgers van die Weg
0:00 / 0:00
Psalm 4 - In Vrede Rus Ek By U
1 101 просмотр · 2 месяца назад
Volgers van die Weg
2,42 тыс. подписчиков
1 101 просмотр · 2 месяца назад
Lirieke:
Verhoor YAHWEH, in donker dae,
Elohim van my reg, gee troos vir my!
U wat my red uit hinderlae,
hoor my gebed wat ek U wy!
O manne wat my altyd teengaan,
hoe lank nog word my eer geskend?
Hoe lank is jul tevree met leuens
en wil jul nog na valsheid wend?
YAHWEH, U is my skuilplek, my lig,
U hou my veilig, dag en nag.
By U alleen vind ek my vrede,
In U rus ek met blye hart.
Ek sal nie vrees nie, U is naby,
U hoor my stem wanneer ek roep.
YAHWEH, my hoop bly vas in U,
Vir ewig rus my siel in U.
Weet dat YAHWEH vir Hom tevore
‘n gunst’ling afgesonder het
dat hy, deur YAHWEH self verkore,
weet dat YAHWEH hom hoor en red.
Beef dan, o dienaars van die sonde,
oortree nie teen Sy afgesonderde wil.
Deursoek jul hart in stille stonde,
verwag YAHWEH en wees net stil.
Wil jul aan Hom ‘n offer gewe?
Dié offer wat YAHWEH aanskou
is in opregtheid rein te lewe,
op Hom alleen jul hoop te bou.
Hoe baie vra terneergeboë:
“Waar vind ons ooit die ware goed?
Sien op ons neer in mededoë,
verlig ons hart en ons gemoed.”
Sien op ons neer, o YAHWEH goed,
Verlig ons hart en ons gemoed.
U is die Lig wat nooit verdwyn,
Laat oor ons steeds U aangesig skyn.
YAHWEH, U is my skuilplek, my lig,
U hou my veilig, dag en nag.
By U alleen vind ek my vrede,
In U rus ek met blye hart.
Ek sal nie vrees nie, U is naby,
U hoor my stem wanneer ek roep.
YAHWEH, my hoop bly vas in U,
Vir ewig rus my siel in U.
U het my hart weer vreug gegewe.
As ander smaak in volop tyd,
as hul deur skyngeluk verhewe
wil fees hou in kortstondigheid.
Ek sal gerus gaan slaap in vrede
en ek gaan lê dan onverstoord,
want U alleen verhoor my bede
dan is ek veilig in U Woord.
YAHWEH, U is my skuilplek, my lig,
U hou my veilig, dag en nag.
By U alleen vind ek my vrede,
In U rus ek met blye hart.
Ek sal nie vrees nie, U is naby,
U hoor my stem wanneer ek roep.
YAHWEH, my hoop bly vas in U,
Vir ewig rus my siel in U.
YAHWEH, my hoop bly vas in U,
Vir ewig rus my siel in U.