Перейти к содержимому

ANC uit VSA verban? Rubio kondig visumbeperkings aan

praag

0:00 / 0:00

ANC uit VSA verban? Rubio kondig visumbeperkings aan

3 785 просмотров · 1 день назад
praag
25,6 тыс. подписчиков
3 785 просмотров · 1 день назад
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het ’n nuwe visumbeperkingsbeleid aangekondig vir Suid-Afrikaners wat verantwoordelik of medepligtig is aan rasgebaseerde diskriminasie, onteiening sonder vergoeding en die aanhitsing van geweld teen etniese of rasseminderhede. Die beleid kan politici, staatsamptenare en ander besluitnemers raak—en in sekere gevalle selfs hul familielede. Geen name is tot dusver openbaar gemaak nie. Is hierdie visumbeperkings bloot simbolies, of is dit die begin van veel strenger Amerikaanse optrede teen die ANC-regering en sy rasbeleid? Die Amerikaanse ambassadeur waarsku reeds dat dit slegs die eerste stap in ’n reeks eskalerende maatreëls is. Wat dink jy: Wie behoort eerste deur die visumbeperkings geraak te word, en sal dit die ANC se optrede enigsins verander? Laat weet gerus in die kommentaar. Marco Rubio se amptelike verklaring: https://www.state.gov/releases/office... Teken in op PRAAG vir verdere ontleding van Suid-Afrikaanse en internasionale politiek. #MarcoRubio #ANC #SuidAfrika #Afrikaners #VSA #Visumbeperkings #PRAAG