Перейти к содержимому

DIE OES

AGS Nuwe Lewe Reitz

0:00 / 0:00

DIE OES

23 просмотра · 2 дня назад
AGS Nuwe Lewe Reitz
77 подписчиков
23 просмотра · 2 дня назад
DIE OES: Stelling: Daar is steeds 'n ryp OES om ingesamel te word. Vraag: Hoe pas ek en jy hierin? Ek wil jou help: Om jou plek hierin te vind. Geloof moet gedeel (op een of ander manier - in jou konteks) en geleef (gewys in aksie - bedien) word, anders beteken dit niks.(geen beloning) MATTEUS 9:37-38 NLV JOHANNES 4:35 NLV Dink bietjie aan die OES. Ons is deel daarvan, en bly deel daarvan. Na JESUS se doop en versoeking in die woestyn, begin SY bediening en HY kies 12 Dissipels. Hulle volg HOM, bly saam met HOM, leer van HOM en doen wat HY doen. HY roep hulle uit die alledaagse lewe, om 'n verskil in die alledaagse te maak. Gewone mense word buitengewoon, om vissers van mense te wees, agv, die Lig, Matt 4:16-17, 1 Pet 2:9, Joh 8:12, 12:35, 2 Kor 4:6, vgl, Joh 3:19-21. HY kies onder andere vissermanne, omdat hulle fiesie sterk was, slegte weer kon hanteer, geduldig kan wees en vertroue het in die SKEPPER. Hulle was eenvoudige mense maar nie noodwendig arm nie, Mark 1:20. HY kies ook ander soos 'n Tollenaar, en 'n Seloot, wat nie sommer om dieselfde vuur gesit het nie. Amos van ouds was 'n herder, Amos 7:14-15. Al verskil persoonlikhede kry hulle 'n gemeenskaplike doel en dan is daar geweldige krag in hierdie diversiteit. Hulle vul mekaar aan. (Pasop dat jy ook nie net altyd mense om jou soek wat soos jy dink en doen nie.) Hulle word eers geroep na die Jode - "Verlore skape van Israel", met 'n spesifieke opdrag, die Koninkryk van GOD te verkondig, HOM te vertrou - hulle neem niks saam met hulle nie, en wie hulle boodskap nie aanvaar moet die stof afskud word, as getuienis teen hulle. Matt 10:5-15. Vir wie: Mense wat onderdruk word, Jer 50:6. Onder die Romeine en Herodus se druk. Fariseërs en Rabbi's het gewone mense soms vervloektes genoem. JESUS noem hulle skape sonder 'n Herder, Sag 10:2. Maar: JESUS bring hoop, 1 Pet 2:25, Open 7:17. Vir: 'n Ryp OES. Begin van 'n nuwe Israel: 12 Stamme word nou 12 Dissipels, Matt 10:1-10. Vers 1 - Dissipels, m.a.w, Leerlinge. Vers 2 - Apostels, m.a.w, Gestuurdes. 12 uit 'n groter groep, die "Ekklesia", m.a.w, Geroepenes. Nuwe Jerusalem se fondasie is die 12 Apostels se name, Open 21:14. Uit die 12 kies HY 3, m.a.w, SY "Inner Circle". Petrus, Jakobus en Johannes, waar laasgenoemde bekendgestaan as "Seuns van die Donder". "Bonerges", Mark 3:17, Luk 9:54, Mark 10:35-36. Later: Na die Nie-Jode, Hand 13:46. Om Bewonderaars te trek en Volgelinge te trek is nie dieselfde ding nie, veral as jy besef wat werklik op die spel is. Dus nie verdeelde of huiwerige harte of Dissipelskap net as 'n plig nie, maar wonderbare roeping, Luk 9:60, Fil 3:13. Dit kos jou alles: Bereken die kostes, vir ware Geroepenes, Luk 9:62, 14:25-33. (Beste plek om te wees is toetale oorgawe, want dan doen die HERE die res. Gee jou werk, besigheid, huwelik, finansies, ens.) Vir wat? Rom 14:17-19, Neh 8:11. Blydskap egter die Beloning: 70 ander word uitgestuur, Luk 10:1, 17-20. 70 meer simbolies vir die Jode. 70 Ouderlinge in die woestyn, Num 11:16 70 Lede op die Sanhedrin wat JESUS veroordeel het. 70 Nasies, Gen 10. 70 Bulle geoffer met die fees van Tabernakels. 70 Vertalers wat OT vertaal in Grieks. 70 Om die Koninkryk van GOD uit te dra. Hulle beleef GOD se guns - wonderwerke, met Blydskap, maar JESUS stel die regte perspektief, Luk 10:20. JESUS het egter ook gekom om die werke van die duiwel te verbreek, en so staan ons ook in SY krag en sterkte, 1 Joh 3:8, Efe 6:10. Gesag moet met die regte perspektief verstaan word. Enige wonderwerk is net 'n simptoom van 'n ware ontmoeting met GOD. Dit handel dus oor SY Koninkryk - jou naam in die hemel opgeskryf, en hierdie Koninkryk is in jou. Luk 17:21. Skaarste van wonderwerke is agv die skaarste van gesonde geloof, omdat wonderwerke mense meer fasineer as die regte rede daarvoor. Jou naam is in die hemel opgeskryf en dis meer as genoeg. Die res gaan oor GOD se Heerlikheid en nie ons belangrikheid nie. As dit gaan oor SY Heerlikheid sorg GOD vir wat nodig is. Die HEILIGE GEES doen in elk geval dit wat nodig is, 1 Kor 12. Ons is geneig om gesag verkeerd te gebruik - druk wat JESUS in die woestyn weerstaan het. Om op slange en skerpioene te trap en niks oor te kom nie, het te doen met jou blydskap in die HERE. DIE BLYDSKAP VAN DIE HERE IS JOU BESKUTTING, en ware Blydskap is as jy eerstens besef jou naam staan in die hemel opgeskryf, Luk 10:19, Fil 4:3,6-8, Open 20, Heb 12:23. Begin hier met jou naam in die boek vsn die Lewe, Blydskap en Dankbaarheid. Jy sal verbaas staan. Hulle doen dit 2/2. Dink aan die krag van 2 in die Bybel. Die OES en die dinge van die OES is steeds belangrik, en dit is mense, nie geld en goed nie, alhoewel GOD sal voorsien. Geloof moet gedeel (op een of ander manier - in jou konteks) en geleef (wys in aksie - bedien) word, anders beteken dit niks. Die hoogste vorm van liefde is om die mooie wat GOD vir jou gee te deel met iemand. Die OES sal inkom. BLESSINGS