Перейти к содержимому

Episode 24 - Glyn Hall (Deel 2 van 4)

Die Rally-Raid Dagboek

0:00 / 0:00

Episode 24 - Glyn Hall (Deel 2 van 4)

65 просмотров · 7 дн. назад
Die Rally-Raid Dagboek
51 подписчик
65 просмотров · 7 дн. назад
In hierdie episode gesels ons verder met Glyn Hall, een van die mees invloedryke en suksesvolle figure in rally-raid. Glyn deel verder oor sy merkwaardige loopbaan: • Nissan Motorsport se suksesvolle toermotor-era en die uiteindelike oorgang na veldwedrenne om Nissan se besigheidstrategie in Suid-Afrika te ondersteun • Die begin van die Dakar-program en die ontwikkeling van die legendariese Nissan Hardbody • Die gejaag om gereed te wees vir Dakar 2003, gevolg deur geweldige sukses – insluitend verskeie trajek oorwinnings en Giniel de Villiers se algehele 5de plek • Die politieke prys wat mens betaal wanneer jy te vinnig te suksesvol is… • ’n Kort geskiedenis van Hallspeed, die oorskakeling na Toyota en die begin van ’n nuwe Dakar projek • Diesel vs. petrol en die 8-jaar lange stryd na ekwivalensie • Die kritieke belangrikheid van ’n goeie navigator in rally-raid Name wat in die gesprek genoem word (in volgorde van verskyning): Giniel de Villiers, Pieter de Waal, Mark Edwards, Okkie Pots, Hannes Grobler, Nic de Waal, John Jessop, André Verwey, Neil Woolridge, Mike Whitfield, Mike Griffiths, Richard Leeke, Alec Poole, Nigel Dixon, Roger Taylor, Grégoire de Mévius, Stéphane Peterhansel, André Desoude, Alfie Cox, Duncan Vos, Ari Vatanen, Kenjiro Shinozuka, Matthias Ekström, Tina Thörner, Tommy, Gilles Martineau, Christophe Chaptal, Kozo Watanabe, André van der Watt, Colin McRae, Jean Todt, Richard Schilling, Gilles Simon, Sven Quant, Nasser Al-Attiyah, Sarel van der Merwe, Brett Cummings, Henk Lategan, Dennis Murphy, Charan Moore, Saood Variawa, Guy Botterill, Dr Johan van Zyl, Michelle Hall, Shameer Variawa, Gill Tarlton, Missy Gregorosky, Andrew Kirby, Calvyn Nicolaas Hamman, Andrew Miller, Terrence Marsh, Philippe Marshouw, Nani Roma en Graham Duxbury. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdag oggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!