Перейти к содержимому

JESUS VERWAG ‘N DANKIE - 27 OKTOBER 2024

LewenSentrum

0:00 / 0:00

JESUS VERWAG ‘N DANKIE - 27 OKTOBER 2024

4 223 просмотра · Трансляция закончилась 1 год назад
LewenSentrum
45,9 тыс. подписчиков
4 223 просмотра · Трансляция закончилась 1 год назад
DATUM: 27 OKTOBER 2024 (OGGEND) PREDIKER: WILLIE COETZEE TEMA: JESUS VERWAG ‘N DANKIE SKRIF: LUKAS 17:11-19 (AFR53) ___________________________________________________________________________________ 1. MELAATSHEID! Buite die samelewing – verwerp – geweldige pyn en gejuk - God is kwaad vir jou. Lukas 17:15-17 (AFR53) En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met ‘n groot stem verheerlik. En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was ‘n Samaritaan. Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die ander nege? JESUS VERWAG ‘N DANKIE! Jesus het gehoop dat al tien sal kom dankie sê! Hy red hulle van melaatsheid, die grootste siekte van daardie tyd! Verlos hulle van pyn, verwerping en God se oordeel. Ons is die melaatses wat deur Jesus gereinig is van sondelas - sonde maak dat God kwaad is vir jou. Sonde bring verwerping en isolasie. Sonde bring emosionele en liggaamlike pyn. Jy was verlore, maar Jesus het jou gered – hoe lyk jou lewe? Kom jy terug en aanbid God? WAT IS DANKIE SÊ? Definisie van DANKIE: Is ‘n positiewe reaksie op iets wat iemand vir jou gedoen het of nog steeds doen, dit is ‘n blyk van waardering. 1 Tessalonisense 5:18 (AFR53) Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. Alle goeie gawes kom uit die hand van die Here. WYSE VAN DANKIE SÊ Kolossense 3:16-17 (AFR53) Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. 2 Korintiërs 9:15 (AFR53) Maar God sy dank vir sy onuitspreeklike gawe. 2. REDE VIR DANKIE SÊ Joël 2 noem goed waarvoor ons ‘n dankoffer kan bring. • Dankie vir OMGEE en JAMMER wees. • Dankie dat U hoor wanneer ek roep. • Dankie dat U my vyande verdryf. • Dankie dat U reën en oorvloed stuur. • Dankie dat U herstel wat die sprinkane verwoes het. • Dankie dat U, u Gees uitstort oor ons. (Joël 2) Psalm 118:1,5,6,14 (AFR53) LOOF die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! :5 Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep; die Here het my verhoor in die ruimte. :6 Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen? :14 Die Here is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword. 1 Korintiërs 15:57 (AFR53) Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus. Lukas 17:16 (AFR53) En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was 'n Samaritaan. 1. HOE SÊ MENS DANKIE? Romeine 7:25 (AFR53) Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! 1 Tessalonisense 5:18 (AFR53) Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. Dankie sê teenoor God is ‘n afhanklike leefwyse teenoor God – dis nie een uit elke tien kere nie, O JA, dit is ‘n daaglike leefwyse. God het ‘n blymoedige gewer lief. Jy moenie kla nie oor die tiende wat jy nou alweer moet betaal nie, maar omdat jy dankbaar is, daarom gee jy getrou jou tiende. 2 Korintiërs 9:7 (AFR53) Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief. SLOT Tien melaatses word genees en net een kom sê dankie! • Watter een van daardie melaatses is jy? • Deel van die nege wat alles vanselfsprekend aanvaar, of is jy daardie een wat terugkom om te kom dankie sê.