Перейти к содержимому

Sonsteeler 🖤 | Darkwave / Dark Electronic

Destian Light

0:00 / 0:00

Sonsteeler 🖤 | Darkwave / Dark Electronic

2 просмотра · 7 дн. назад
Destian Light
210 подписчиков
2 просмотра · 7 дн. назад
Sonsteeler 🖤 | Darkwave / Dark Electronic “Sonsteeler” is ’n donker, emosionele Afrikaanse gedig wat lewe kry deur mistieke elektroniese klanke, diep manlike sang en ’n sinistere darkwave-atmosfeer. Die son skyn, maar daar is steeds geen lig nie. Warmte word vreemd, kleure verdwyn en die wêreld verander in ’n plek van skaduwees. Die gedig verken die verwoestende gevoel wanneer iemand jou lig steel en jy al dieper in die donkerte weggly. Met dreunende subbas, onheilspellende sintetiseerders en ’n hypnotiese elektroniese ritme skep hierdie lied ’n koue, bonatuurlike atmosfeer waar wanhoop en innerlike stryd saamvloei. 🎧 Musiekstyl: Darkwave • Dark Electronic • Gothic Electronic 🎤 Vokale styl: Diep manstem met donker, melodiese sang 🌑 Atmosfeer: Mistiek, sinister en hypnoties Hierdie lied is gebaseer op my oorspronklike gedig, “Sonsteeler”, geskryf op 27 Mei 2026. Sonsteeler 27/5/2026 Die son is al op, sit hoog in die hemel. Maar die son skyn nog nie rondom jou nie, meer as net ’n donderdonker wolk of ’n sonsverduistering. Selfs nie die maan gooi ’n skadu soos jy oor my hele wêreld, oor my vallei. Ek’s verward: Is dit nag of dag? Jou gevoelens het my afgeslag. Wat is warmte? Ek weet nie meer. Elke oomblik verteer in seer... Al die kleure verwelk tot swart... Jy steel my lig — my son. Die lewe se bron en oorsprong. Dood kleef aan my. Jy is daai dodelike gom. Daar’s niks om te doen. Wag vir omkom. Ek hoop dan’s dit verby, nie verewig in die hel ly. Maar hier is ek besig om dieper en dieper af te gly. Ek’s blind, my son is verslind. Laat my bloed vergiet. Dis tog alles net verniet. Ek is skaam, want ek bestaan. Vat my weg! Sonsteeler, ek is sleg! En klaar met veg... 🎧 Luister met oorfone, laat die donker elektroniese klanke jou omvou en ervaar die gedig deur musiek. #Sonsteeler #AfrikaanseMusiek #Darkwave #DarkElectronic #GothicMusic #AfrikaanseGedig #DarkMusic #EDM