DIE RING - Richard Manser | S01E11 | Seremoniemonster
Seremoniemonster
0:00 / 0:00
DIE RING - Richard Manser | S01E11 | Seremoniemonster
37 просмотров · 2 недели назад
Seremoniemonster
65 подписчиков
37 просмотров · 2 недели назад
🎙️ Welkom by Episode 11 van die Seremoniemonster Podgooi!
In hierdie episode gesels MC Jeandré Venter met Richard Manser van Manser Fine Design oor een van die kleinste, maar mees betekenisvolle dele van 'n troue: DIE RING! 💍
Saam gesels hulle oor die betekenis agter die verloofring en trouring, hoe om die regte ring te kies en waarna 'n paartjie moet kyk wanneer hulle 'n ring koop wat hulle vir 'n leeftyd gaan dra.
Richard deel sy kundigheid oor ontwerp, edelmetale, diamante, edelstene en persoonlike ringontwerpe, asook die verskil tussen 'n ring wat bloot mooi lyk en een wat werklik iets van die paartjie se storie vertel.
Hulle bespreek ook die emosionele en simboliese waarde van die ring – 'n klein sirkel wat geen begin of einde het nie, en 'n herinnering aan die belofte wat twee mense aan mekaar maak.
Of jy nou besig is om 'n verloofring te kies, jou trouringe te ontwerp, of bloot meer wil weet oor die wêreld van fyn juweliersware, hierdie episode is propvol interessante insigte en waardevolle wenke.
Want 'n ring is nie net 'n juweel nie. Dit is 'n simbool van liefde, toewyding en 'n belofte vir 'n leeftyd.
Onthou om die video te Like, 'n Kommentaar te los en op die kanaal te Subscribe vir nog inspirerende gesprekke, kundige wenke en stories uit die troubedryf!