Sterredak Heelal Video
Petronel Baard
0:00 / 0:00
Sterredak Heelal Video
33 594 просмотра · 3 года назад
Petronel Baard
645 подписчиков
33 594 просмотра · 3 года назад
"Sterredak Heelal" is sedert 18 November 2022 beskikbaar op alle digitale platforms:
"Op 23 Desember 2021 ontmoet ek vir Petronel Baard en nie lank daarna nie begin ons musiek te gesels. Ek besef ek het 'n liedjie wat in my laai lê en so het "Sterredak Heelal" gestalte gekry. Baie dankie Petronel Baard vir hierdie avontuur - ek kon nie gevra het vir iemand meer perfek om hierdie liedjie vlerke te gee nie!
'Sterredak Heelal' is 'n viering van die siklus van die lewe - vanaf die verwondering vir die wêreld as kind, tot die ontnugtering wat almal op 'n latere stadium ervaar. Die lewe is kort en báie korter as wat ons dink, moet dus nie dat teleurstellings jou onderkry nie - sien dit eerder as 'n leerkurwe en iets wat ons kan help om die goed en mooi op ons paaie soveel meer te waardeer".
Helena Marais
*********************************
"In 2022 se begin het ek gebid vir nuwe vlerke, musiek uit iemand anders se pen waar ek 'n slag my pen kon neerlê en net my sangtalent kan uitleef. Die volgende dag bel Helena Marais my, met haar liedjie "Sterredak Heelal" wat toe nog 'n ander naam gehad het. Ek was mal daaroor, het dit aangeleer en so het ons begin gestalte gee aan hierdie pragtige produk wat so stukkie van ons altwee se siele simboliseer. Uiteraard het hierdie 'n gesamentlike projek en produksie geword waarby ons albei nou betrokke is by élke stap en wat gebore is, is niks minder as besonders nie. Van die konsepsualisering van die opname self, opname proses, wie ons betrek, die video, vrystelling, elke fyn detail, is in pragtige aanvullende samewerking gedoen met die ongeveinsde sinirgie wat net Goddelike inspirasie kan bring. Kunswerke van die lewe en my voorreg om mee te werk, dankie Helena"!
Petronel Baard
*********************************
Oor die projek vertel beide:
Die musiekvideo is geskiet in Klein-Brakrivier - waarlik dié lekkerste projek met die mees uiteenlopende, kreatiewe mense saam! Aan ons ander talente, Anrich Herbst, Erica Wessels, Wilmar en Annalie Marais - baie dankie vir jul pragtige toneelspel en geesdrif! Verdere dankies aan Loki Rothman by Rothman Records vir die klankvermenging en vervaardiging van die lied, John Rogers al die pad in die VSA vir die meester van die klank, Efpe Senekal vir die musiekvideo se maak, Mordegai's Photography vir die ongelooflike foto's en Reach Creative vir die grafiese ontwerp. Baie dankie ook aan Spin City Publicity wat ons publisiteit en bemarking behartig.
Laaste maar nie die minste nie, dankie vir almal se liefde en ondersteuning deur die loop van die projek - vir julle is ons bitter dankbaar!
Die lewe is bittersoet onder hierdie Sterredak Heelal - daarom vier ons alles wat mooi en eg is saam met alles wat ons is.
Koop dit via:
https://petronelbaard.hearnow.com/ste...
www.petronelbaard.com