Die Gees help my bid! Ds Gustav Opperman Romeinereeks: Reg voor God#40
Woorde uit sy Woning
0:00 / 0:00
Die Gees help my bid! Ds Gustav Opperman Romeinereeks: Reg voor God#40
4 814 просмотров · 5 лет назад
Woorde uit sy Woning
5,25 тыс. подписчиков
4 814 просмотров · 5 лет назад
Gebed is nie 'n eenvoudige saak nie. Dis nie net 'n kwessie van op jou knieë gaan nie, Juis wanneer jy begin bid, word jy aangeval en besef jy hoe swak en hoe weerloos jy is. Volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. As u geloofsvrae het, kontak ons asb by reformeer@gmail.com. Ons gee om!
As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, lees die brief aan die Romeine. Na bykans twee duisend jaar het hierdie brief soos die res van die Bybel die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit.
Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief.
Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik.
Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word.
In die reeks preke uit Romeine begelei Ds Gustav Opperman jou op hierdie reis.
Ek doen onlangs huisbesoek by ‘n lidmaat.
sy het ‘n probleem met haar gebede,
Sy neem haarself kwalik,
sê sy,
want sy sien haarself
as ‘n knaende bedelaar voor die Here.
Wel, dit is seker nie so verkeerd nie, dink ek,
alle opregte bidders is bedelaars voor God.
Die beste gebede wat in die Bybel opgeteken is,
is bedelgebede ...
gebede van diegene,
wat niks het nie ...
niks het om aan te bied nie
gebede van diegene
wat in alle opsigte armlastig is.
Alle Godsmanne en vroue
was nog altyd bedelaars voor God.
Mag ons tog maar almal so wees ...
soos die tollenaar in die gelykenis wees,
die een wat teenoor die fariseër gebid het:
God, wees my sondaar genadig!
“Here, help my met hierdie kind
wat nie wil hoor nie.
Here help my
sodat ander ook in my sal belangstel
Here help tog,
dat my geld nie sal opraak nie”.
So word daar dag vir dag gebedel ...
Vanaand se teks is dan spesiaal vir ons
almal van ons
wat onsself verwyt,
soos die reeds genoemde lidmaat haarself ook
oor al haar bedel gebede verwyt.
Die Gees kom ons swakhede te hulp,
want ons weet nie reg
wat ons moet bid nie.
Die Heilige Gees help ons in ons onbeholpenheid.
Bron: Romeine 8:26
Die Gees help my bid
Romeinereeks: Reg voor God#40
Ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matlabas GK Matlabas
2019 11 03
Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by die Gereformeerde Kerk Matlabas se internetbediening!
Skryf asb in op ons YouTube kanaal! Tik/Kliek op Woorde uit sy Woning
1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word vanaf reformeer@gmail.com
Besoek gerus #uitdiepvandonkernagte op FB.
Please watch: "Die DVD Uit Diep van Donker Nagte Reformasie 500 Reformation 500" (Lokfilm) • Uit Diep van Donker Nagte Reformation 500 ...
2) Kry 'n gratis transkripsie van hierdie preek en ander preke weekliks: Skryf in op ons poslys by reformeer@gmail.com
3) Van ons preke het Afrikaanse en Engelse onderskrifte en is dus meer toeganklik.
4) Ons Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.
5) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake.
Kontak ons: reformeer@gmail.com
6) Besoek ons Faceboek-blaaie: WoordeuitsyWoning en Gereformeerde Kerk Matlabas en teken asb in!
7) Ons gemeente is 102 jaar oud.
Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor.
Ons kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.
Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op reformeer@gmail.com Ons sal dit waardeer.
Please note:
This Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God:
Music Saraband and Variations (Händel)
Birth Date: February 23, 1685 Death Date: April 14, 1759
Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa
This is not music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition