Перейти к содержимому

6 September 2026, Stephan Briel, Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus!

Bergbron Gemeente

0:00 / 0:00

6 September 2026, Stephan Briel, Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus!

57 просмотров · Трансляция закончилась 1 месяц назад
Bergbron Gemeente
195 подписчиков
57 просмотров · Трансляция закончилась 1 месяц назад
Lees: Joh 15:1-17. Fokus: Joh 15:4,5. DOELWIT 1 VAN DISSIPELSKAP: BLY IN JESUS CHRISTUS! • Die beeld van die wingerdstok en sy lote beklemtoon dat Christus in ‘n hegte en intieme verhouding met sy kerk lewe. • Deur sy Woord en Heilige Gees wil Christus die lewe van elke loot vernuwe om baie vrugte te dra. • Vrugte van jou lewe in Christus is wanneer jy God verheerlik (Joh 15:8) met ‘n woord, gedagte of daad (Tit 3:14). Dit is jou enigste permanente deposito in die hemel. • Kom ons behou die fokus om by Jesus te wees en in Hom te bly! VIR NADENKE EN GESPREK BY SELGROEPE EN HUISGODSDIENS: • Verduidelik hoe die beeld van die wingerdstok en lote van toepassing is op ons verhouding met Christus. • Wat beteken dit “om vrugte te dra”? Hoe gee “vrugte dra” aan jou lewe betekenis? Hoekom kan jy sonder Christus nie “vrugte dra” nie? • Hoekom is “bly in Jesus” die eerste en belangrikste doelwit van dissipelskap?