Wat 'n Vriend het ons in Yahshua
Volgers van die Weg
0:00 / 0:00
Wat 'n Vriend het ons in Yahshua
1 202 просмотра · 4 месяца назад
Volgers van die Weg
2,42 тыс. подписчиков
1 202 просмотра · 4 месяца назад
Lirieke:
Wat 'n vriend het ons in Yahshua,
Hy het in ons plek gestaan;
wat 'n voorreg om gedurig
deur Hom tot YAHWEH te gaan!
Hoe verbeur ons tog die vrede,
ag, hoe dikwels ly ons smart,
net omdat ons nie ons node
uitstort in YAH se Vaderhart!
As versoeking en beproewing,
of as kwelling ons bedreig,
laat ons nooit mismoedig word nie,
laat ons bedes opwaarts styg.
Nêrens is 'n vriend getrouer,
as Hy wat ons node weet;
Hy weet alles van ons swakheid,
en wil deel in al ons leed.
Is ons swak, gedruk deur laste,
onder kommer neergebuk,
dierb're Heiland, onse toevlug,
o bevry ons weer van druk!
As ons vriende ons versaak het,
soek ons YAHWEH in gebed;
aan Sy boesem is ons veilig,
Hy vertroos en kan ons red.