Перейти к содержимому

Oumas Boerewors Sosaties

Crown National

0:00 / 0:00

Oumas Boerewors Sosaties

5 967 просмотров · 13 л. назад
Crown National
5,36 тыс. подписчиков
5 967 просмотров · 13 л. назад
Boerewors sosaties Maak 8 sosaties Bestandele: 250 g gedroogde appelkose 500 ml brandewyn 700 g botterskorsie, grof opgesny 2 geel soetrissies, pitte verwyder en in groot growwe bloke gesny 1 pakkie Ouma se boerewors, in 4 cm stukke gesny 250 g repiespek Metode: Laat die gedroogde appelkose week in die brandewyn vir ten minste 1 uur. Indien jy hout sosatie stokkies gebruik laat dit week vir ten omtrent 1 uur. Stoom die botterskorsie vir 10-15 minute, of tot gaar, maar steeds 'n bietjie hard. Dit moet nie uitmekaar val indien jy die sosatie stokkie deursteek nie. Vou die stukkies spek rondom die wors. Maak die sosaties deur soos volg in te ryg: botterskorsie, gedroogde appelkose (2), geel soetrissie en die wors met die spek om. Herhaal die proses tot die stokkies vol is. Gooi 'n bietjie van die Meister Club se basting sauce oor die sosaties en laat dit marineer vir 'n tydjie voordat jy dit braai. Terwyl jy die sosaties braai, hou aan om dit te bedruip. Braai die sosaties totdat die wors gaar is, ongeveer 20 minute. #oumasboerewors #boerewors #lekker