Piet Bester, oud vaskopstut vir Vrystaat & Griekwas, vermoor op sy kleinhoewe ~ plaasmoord
Boermedia
0:00 / 0:00
Piet Bester, oud vaskopstut vir Vrystaat & Griekwas, vermoor op sy kleinhoewe ~ plaasmoord
37 496 просмотров · 1 год назад
Boermedia
30,1 тыс. подписчиков
37 496 просмотров · 1 год назад
Le Roux Venter van Bloemfontein vertel ons meer oor die plaasmoord van Piet Bester (63), oudlanddros en voormalige vaskopstut vir die Vrystaat en Griekwas wat Sondag 12 Januarie op sy kleinhoewe by Glen buite Bloemfontein gevind is.
Volgens kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, het ’n werker omstreeks 09:00 op Bester se liggaam afgekom. Hy het glo veelvuldige beserings opgedoen. Le Roux verduidelik dat daar vermoedens bestaan dat hy alreeds Vrydag vermoor is.
Le Roux was aktief betrokke by die arrestasie van die twee verdagtes wat in verband met die moord in hegtenis geneem is. Danksy die noue samewerking en vinnige optrede van die plaaslike boeregemeenskap en polisie kon die arrestasies gebeur. Kaptein Earle van SAPD het die gemeenskap bedank vir hul voortgesette ondersteuning en vinnige optrede.
Lees meer op hierdie skakel: https://volkskrag.co.za/.../kleinhoew...
Foto van Piet Bester: SUPARUGBY
#boermedia #plaasmoord #plaasmoorde #plaasaanvalle #plaasterreur