Ongoddelike Geestesbande wat tot ongeluk en ellende kan lei.
Life in Fullness Ministry
0:00 / 0:00
Ongoddelike Geestesbande wat tot ongeluk en ellende kan lei.
52 просмотра · 2 дня назад
Life in Fullness Ministry
27 подписчиков
52 просмотра · 2 дня назад
Daar kan geestelike konneksies tussen mense ontstaan. Geestelike konneksies oftewel geestesbande kan soos volg omskryf word:
Diep ervaring van verbondenheid wat verder gaan as gewone emosionele, intellektuele of fisiese verhoudings.
Soms word die term: Sielsgenote, gebruik.
Band van liefde wat deur God geskep word.
Diep geestelike verbondenheid tussen mense.
Dui op ‘n dieper konneksie tussen mense as bv. vriendskap of werksverhoudings.
VOORBEELDE VAN GEESTESBANDE:
Verhouding tussen huweliksmaats.
Verhouding tussen ouers en kinders.
Verhouding tussen oupas en oumas en hulle kleinkinders.
Verhouding tussen jarelange vriende.
PROBLEEM:
Sommige geestesbande kan ongoddelik of sleg wees.
Kom voor waar een van die partye in n verhouding gemanipuleer en beheer word of
waar een van die partye misbruik of uitgebuit word.
GEVAAR:
Ongoddelike geestesbande kan deur bose en onrein geeste om gebruik word om ʼn slagoffer aan te val, geestelik seer te maak of te verwoes.
WAT MAAK DIE DEUR OOP VIR ONGODDELIKE GEESTESBANDE?
Seksuele aktiwiteite buite die huwelik.
Ongesonde verhoudings tussen ouer en kinders, familielede, vriende, kollegas en vennote.
Bloedverbonde.
Sekere okkultiese of demoniese aktiwiteite.
Geestelike toewydings.
Sekere geheime organisasies.
OPLOSSING
Bely jou sondes, vra vergifnis en vra Jesus om jou te bevry. (Bediening)