'n Skoonpa soos jy - Plane Jane Writing
Jane Brikos
0:00 / 0:00
'n Skoonpa soos jy - Plane Jane Writing
28 просмотров · 3 дн. назад
Jane Brikos
11 подписчиков
28 просмотров · 3 дн. назад
❤️ ’n Skoonpa soos jy… ❤️
My eie pa is ver in Namibië, maar die lewe het my geseën met ’n skoonpa wat vir my soveel meer as net ’n skoonpa is.
Pa, jy is ook soos ’n pa vir my. Iemand wat ek weet ek altyd kan vertrou, na wie ek kan gaan wanneer ek hulp nodig het, en by wie ek raad kan vra wanneer die lewe soms te veel raak.
Dit is nie altyd bloed wat ’n pa maak nie, maar die liefde, omgee en sekerheid wat iemand jou gee. Om te weet daar is iemand op wie ek kan staatmaak, iemand wat bereid is om te luister en my te help wanneer ek dit nodig het, is ’n besondere geskenk.
Dankie, Pa, dat ek weet ek kan altyd na Pa toe kom, dat ek Pa kan vertrou en dat ek altyd Pa se raad kan vra. Dit beteken vir my baie meer as wat woorde ooit behoorlik sal kan sê.
Nie almal kry ’n skoonpa soos Pa nie, en ek is opreg dankbaar dat ek Pa in my lewe het.
#’nSkoonpaSoosJy #DankbaarVirPa #PaUitDieHart #FamilieIsLiefde #LiefdeEnRespek #PaSeRaad #PlaneJaneWriting