Перейти к содержимому

’n Eerlike Gesprek Oor Wie Ons By Die Huis Is | Brultyd

BAASRAAK UITSAAI NETWERK

0:00 / 0:00

’n Eerlike Gesprek Oor Wie Ons By Die Huis Is | Brultyd

1 222 просмотра · 2 недели назад
BAASRAAK UITSAAI NETWERK
19,6 тыс. подписчиков
1 222 просмотра · 2 недели назад
Sal jy saam met jouself wil bly? Dis ’n ongemaklike vraag — maar dalk een wat elkeen van ons van tyd tot tyd vir onsself moet vra. Ons kan maklik kyk na wat ander mense verkeerd doen, maar wat ervaar die mense wat die naaste aan ons is wanneer hulle elke dag saam met ons leef? In hierdie episode van Brultyd gesels Coach Freek verder rondom die boodskap van Cassie Carstens en kyk ons eerlik na ons karakter, ons gedrag en die atmosfeer wat ons in ons huise skep. • Voel jou gesin veilig by jou? • Kan hulle met jou praat sonder om bang te wees vir jou reaksie? • Bring jy vrede of spanning wanneer jy by die huis instap? • Is jy dieselfde persoon by die huis as wat ander mense buite die huis sien? • Hoe hanteer jy konflik, druk en frustrasie? • En as jy saam met iemand presies soos jouself moes leef — sou jy gelukkig wees? Ware verandering begin wanneer ons ophou om net na ander te kyk en bereid is om eerlik na onsself te kyk. Die vraag is nie net: “Wat doen hulle verkeerd?” nie. Die vraag is: “Wie is ek vir die mense wat elke dag saam met my leef?” Kyk saam en deel hierdie gesprek met iemand wat dit moet hoor. #Brultyd #CoachFreek #CassieCarstens #Vaderschap #Gesin #Huwelik #Verhoudings #PersoonlikeGroei #Karakter #Baasraak