Перейти к содержимому

Die verskil tussen vroue wat floreer en vroue wat probeer

T2345

0:00 / 0:00

Die verskil tussen vroue wat floreer en vroue wat probeer

236 просмотров · 2 недели назад
T2345
23 подписчика
236 просмотров · 2 недели назад
FLOREER vs. PROBEER | Hoekom ek T2345 begin het Hoekom lyk dit asof sommige vroue oor tyd al hoe meer floreer — terwyl ander, ten spyte van hulle beste bedoelings, vasgevang bly in dieselfde patrone? Daar's natuurlik baie faktore wat ons lewens beïnvloed. Maar deur my eie lewe, berading, huweliksvoorbereiding en die mense met wie ek werk, het ek oor en oor een groot ding raakgesien: Ons het almal goeie, wyse inspraak nodig. Ons het dissipelskap nodig. Nie net kennis van wat die Bybel sê nie, maar mense wat ons help om dit te leer, te verstaan en prakties uit te leef. Dis hoekom ek T2345 begin het. T2345 is ’n plek waar ons saam gaan ontdek wat dit beteken om Jesus te volg — nie net in wat ons glo nie, maar in hoe ons leef as vroue. Titus 2:3–5 gee vir ons ’n prentjie van vroue wat ander vroue leer hoe om die waarheid van die evangelie in hulle gewone lewens uit te leef. My hoop is dat hierdie kanaal ’n klein deel van daai moderne Titus 2-dissipelskap kan wees. ’n Vraag vir jou: Wie het op die oomblik inspraak in jou lewe? Waar leer jy hoe om lewe te doen, verhoudings te doen en verhouding met God te doen? En is daardie stemme wys genoeg om jou in ’n goeie rigting te neem? #T2345 #Titus2 #BybelseVrouwees #ChristenVrou #Vrouwees #Dissipelskap #ChristelikeLewe #BybelseWysheid #ChristelikeHuwelik #Geloof #JesusVolg #AfrikaanseYouTube #AfrikaanseChristene #AfrikaanseVroue #Floreer #Christianwoman #Biblicalwomanhood #Christianwomen