Neil Olwagen - Jesus Openbaar die Vader
Kerugma Productions
0:00 / 0:00
Neil Olwagen - Jesus Openbaar die Vader
306 просмотров · 5 л. назад
Kerugma Productions
5,97 тыс. подписчиков
306 просмотров · 5 л. назад
U donasie kan ons help om meer video's te maak: https://www.kerugma.org/donate/
Soveel mense is bekend met die woorde van Jesus aan die Vader in die tuin van Getsémané oomblikke voor Sy inhegtenisname: “Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie My wil nie, maar U wil geskied.” Maar Jesus het egter ook gebid en vir die Vader gesê dat Hy hier op aarde die Naam van sy Vader kom openbaar het aan diegene wat die Vader aan Hom gegee het. Hy het ook vir Sy Vader gevra om daardie mense in die Naam van die Vader te bewaar sodat hulle een kan wees net soos Jesus en die Vader een is. Derdens het Jesus ook vir Sy Vader gesê dat Hy die Vader se Naam aan daardie mense bekend gemaak het en nog sal bekend maak sodat die liefde waarmee God die Vader Jesus liefgehad het, in hulle kan wees. In hierdie DVD verduidelik Neil wat dit alles beteken, watter Naam van die Vader Jesus kom openbaar het, en wat die implikasies daarvan vir ons as Sy kinders is. Voorwaar ‘n uiters noodsaaklike studie vir elke kind van God!
Hierdie DVD is vervaardig deur Kerugma Produksies, ‘n geloofsonderneming wat daarna streef om die evangelie van Jesus Christus deur middel van hoë gehalte media produkte te versprei. Vir meer inligting besoek gerus www.kerugma.org