Sondagdiens | 27 September 2026 | Clemens Mans
Kruiskyk
0:00 / 0:00
Sondagdiens | 27 September 2026 | Clemens Mans
6 335 просмотров · 2 дня назад
Kruiskyk
56,9 тыс. подписчиков
6 335 просмотров · 2 дня назад
Geniet lof en aanbidding deur KFS orkes en 'n woord deur Clemens Mans “Die domino effek”
Welkom by ons eredienste – ’n plek waar God se teenwoordigheid sentraal staan.
Ons is ’n Heilige Gees-gedrewe kerk waar Jesus Christus verheerlik word en die Woord van God sonder kompromie verkondig word. Ons glo in lewende lof en aanbidding — van moderne lof- en aanbiddingsliedere tot ou Pinkster koortjies wat steeds gesalf en kragtig is. Ons is nie skaam vir die werking van die Heilige Gees nie, en ons gee Hom vryheid om te beweeg soos Hy wil.
Clemens Mans, die prediker, bring die boodskap met erns, waarheid en oortuiging, gegrond op die Bybel en onder leiding van die Heilige Gees. Hier word sonde sonde genoem, genade genade, en Jesus die enigste Weg, Waarheid en Lewe. Ons glo dat God se Woord steeds lewens verander, harte breek en mense vrymaak.
As jy verlang na egte Pinkster, diepte in aanbidding, kragtige prediking, en ’n atmosfeer waar die Heilige Gees welkom is, dan is jy op die regte plek. Hierdie dienste is vir dié wat honger is vir meer van God — nie godsdiens nie, maar verhouding.
👉 Teken in, deel en kyk saam – en laat die Heilige Gees jou ontmoet waar jy is.
Liedere:
This is amazing grace
If the same Spirit that rose Jesus from the dead
Met my God spring ek oor ’n muur
Jesus my lewe draai om Jesus
Touching Jesus is all that matters
Vir meer inligting, donasies, produkte en kontak besonderhede besoek gerus ons webtuiste by: www.kruiskyk.tv
Kruiskyk uitbreidingsfonds
Fnb
Rek no: 62222338370
Tak kode: 250655
Dankie vir u finansiële ondersteuning