Sondagdiens | 20 September 2026 | Clemens Mans
Kruiskyk
0:00 / 0:00
Sondagdiens | 20 September 2026 | Clemens Mans
6 324 просмотра · 1 день назад
Kruiskyk
56,8 тыс. подписчиков
6 324 просмотра · 1 день назад
Geniet lof en aanbidding deur KFS orkes en 'n woord deur Clemens Mans “Beïnvloed”
Welkom by ons eredienste – ’n plek waar God se teenwoordigheid sentraal staan.
Ons is ’n Heilige Gees-gedrewe kerk waar Jesus Christus verheerlik word en die Woord van God sonder kompromie verkondig word. Ons glo in lewende lof en aanbidding — van moderne lof- en aanbiddingsliedere tot ou Pinkster koortjies wat steeds gesalf en kragtig is. Ons is nie skaam vir die werking van die Heilige Gees nie, en ons gee Hom vryheid om te beweeg soos Hy wil.
Clemens Mans, die prediker, bring die boodskap met erns, waarheid en oortuiging, gegrond op die Bybel en onder leiding van die Heilige Gees. Hier word sonde sonde genoem, genade genade, en Jesus die enigste Weg, Waarheid en Lewe. Ons glo dat God se Woord steeds lewens verander, harte breek en mense vrymaak.
As jy verlang na egte Pinkster, diepte in aanbidding, kragtige prediking, en ’n atmosfeer waar die Heilige Gees welkom is, dan is jy op die regte plek. Hierdie dienste is vir dié wat honger is vir meer van God — nie godsdiens nie, maar verhouding.
👉 Teken in, deel en kyk saam – en laat die Heilige Gees jou ontmoet waar jy is.
Liedere:
What a mighty God we serve
Tot hiertoe het die Here ons gehelp
This little light of mine
Gratitude
Oh Lord Your beautiful
To worship You I live
Vir meer inligting, donasies, produkte en kontak besonderhede besoek gerus ons webtuiste by: www.kruiskyk.tv
Kruiskyk uitbreidingsfonds
Fnb
Rek no: 62222338370
Tak kode: 250655
Dankie vir u finansiële ondersteuning