Перейти к содержимому

Kaalvoetkind Kook met Ruan Josh - Episode 3 (Soet, Soeter, Franja)

Ruan Josh

0:00 / 0:00

Kaalvoetkind Kook met Ruan Josh - Episode 3 (Soet, Soeter, Franja)

16 915 просмотров · 8 дн. назад
Ruan Josh
24,8 тыс. подписчиков
16 915 просмотров · 8 дн. назад
In Episode 3 spandeer Ruan ’n tyd saam met sy suster, Franja. Saam vat hulle ons op ’n heerlike reis deur die soeter kant van die lewe – met lekker gesels, baie pret en natuurlik iets lekker om te geniet! 😋 🍫 Sjokoladepoeding 🍰 Bestanddele vir die poeding • 1 koppie koekmeel • 2 teelepels bakpoeier • 1 eetlepel kakao • ¾ koppie melk • Botter • 2 eiers • ¾ koppie suiker • Vanieljegeursel • 2,5 ml sout • 125 g neute, fyngekap • Donker sjokolade Metode Stap 1: Plaas die botter en suiker in ’n mengbak of in jou kastrol. Stap 2: Breek die eiers by die mengsel. Stap 3: Klits die mengsel goed totdat dit lig van kleur en romerig is. Stap 4: Voeg die droë bestanddele by, insluitend die koekmeel, bakpoeier, kakao en sout. Stap 5: Voeg die melk en vanieljegeursel by en hou aan roer totdat al die bestanddele goed gemeng is. Stap 6: Voeg die fyngekapte neute en donker sjokolade by en meng goed deur. Stap 7: Sodra die sjokoladestroop gereed is, giet dit oor die poedingmengsel volgens die resep se metode. Ja, dit voel vreemd om warm stroop oor 'n ongebakte mengsel te gooi, maar dis 100% reg. Stap 8: Bak die poeding totdat dit gaar is en mooi geset het. Ongeveer 20min of 180 grade 🍫 Bestanddele vir die sjokoladestroop • 2 koppies water • 1 koppie suiker • 1 hoogvol eetlepel kakao • 25 ml koffiepoeier Metode Stap 1: Gooi die water in ’n pot. Verhit dit totdat dit warm is – dit hoef nie te kook nie. Stap 2: Voeg die suiker by en roer totdat dit begin oplos. Stap 3: Voeg die koffiepoeier by en roer goed. Stap 4: Voeg die kakao by en roer totdat alles mooi opgelos en gemeng is. Stap 5: Giet die warm sjokoladestroop oor die poedingmengsel en bak volgens die resep se instruksies.