Перейти к содержимому

Woede - Huis van Woede

Huis van Woede

0:00 / 0:00

Woede - Huis van Woede

105 просмотров · 2 недели назад
Huis van Woede
137 подписчиков
105 просмотров · 2 недели назад
Woede Alles voel soos ʼn euwel in my kop ʼn wrewel elke pad lyk soos ʼn heuwel ʼn berg wat my probeer verneder. Dit borrel onder my vel petrol op die vure van hel my tong ʼn slang wat skel my gedagtes rou en bedwelm Wraaksig neem besit van my gees en probeer alles doodmaak wat binne my leef ʼn koue vuis het my hart in sy greep en ek skree soos hy my na die hel probeer sleep Maak my los van al hierdie woede en haat daar is niks daarvan wat my gees baat dit put my uit en dit slyp soos ʼn lem teen my en breek my siel en ruk dit uitmekaar uit gee my net rus van die ewige stryd wat alles wat goed is in my bereik en dit skeur en vernietig tot niks meer van my oorbly verlos my van my brein en maak my vry! Woede hardloop in die rondte en ketting my aan sy sonde ek sit en lek aan al my wonde en my demone hou my gebonde Wraaksig neem bestand van my gees en probeer alles doodmaak wat binne my leef ʼn koue vuis het my hart in sy greep en ek skree soos hy my na die hel probeer sleep Maak my los van al hierdie woede en haat daar is niks daarvan wat my gees baat dit put my uit en dit slyp soos ʼn lem teen my en breek my siel en ruk dit uitmekaar uit gee my net rus van die ewige stryd wat alles wat goed is in my bereik en dit skeur en vernietig tot niks meer van my oorbly verlos my van my brein en maak my vry! Maak my tog net vry (sodat ek ʼn lewe kan lei) Maak my tog net vry (sodat ek my lewe kan lei) Lirieke deur André Smit