🎙️ MY KANT. JOU KANT. GOD SE KANT.
Elvira Joubert
0:00 / 0:00
🎙️ MY KANT. JOU KANT. GOD SE KANT.
416 просмотров · 1 месяц назад
Elvira Joubert
292 подписчика
416 просмотров · 1 месяц назад
Ons sien ’n deel. God sien die groter prentjie
Elke storie het meer as een kant.
Daar is my kant, wat ek gesien, gevoel en beleef het.
Daar is jou kant, wat jy gesien, gevoel en beleef het.
En dan is daar God se kant.
Want waar ons net ’n gedeelte van die storie sien, sien God die groter prentjie.
Hy sien die begin én die einde.
Hy sien die seer én die doel.
Hy sien die dele wat ons nie verstaan nie, en Hy weet hoe alles bymekaar pas.
In hierdie podcast praat ons eerlik, luister ons na mekaar se kant en maak ons ruimte vir die
belangrikste perspektief:
“Here, hoe sien Ú dit?”
Want soms gaan dit nie daaroor wie reg of verkeerd is nie, maar om ons perspektief neer te lê en God se kant van die storie te soek.
🎧 My Kant | Jou Kant | God se Kant
Ons sien ’n deel. God sien die groter prentjie. 🤍
#MyKantJouKantGodSeKant #GodSienDieGroterPrentjie #GodSePerspektief #Podcast #EerlikeGesprekke #Geloof #Herstel #RVLTN