Перейти к содержимому

Erediens | In pas met die Gees | 12 Oktober 2025

NGK Harmonie

0:00 / 0:00

Erediens | In pas met die Gees | 12 Oktober 2025

73 просмотра · 1 год назад
NGK Harmonie
594 подписчика
73 просмотра · 1 год назад
Erediens Teks: Galasiërs 5: 13-26 Tema: In pas met die Heilige Gees Prediker: Johan Deetlefs 'n Lewe deur die Gees 13Julle, broers, is tog tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik, sodat dit aanleiding gee vir die vlees nie, maar dien mekaar deur liefde. 14Want die hele wet word in één uitspraak vervul: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 15As julle mekaar byt en verslind, pas op dat julle nie deur mekaar verorber word nie! 16Maar ek sê: Leef deur die Gees, dan sal julle beslis nie die begeertes van die vlees uitvoer nie. 17 Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees begeer teen die vlees; die twee opponeer mekaar, sodat julle dit wat julle ook al wil, nie kan doen nie. 18As julle egter deur die Gees gelei word, staan julle nie onder die wet nie. 19 Die praktyke van die vlees is goed bekend, naamlik onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, 20afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloesie, woede, selfsug, tweespalt, skeuring, 21afguns, dronkenskap, gefuif, en hierdie soort dinge – waarteen ek julle nou weer waarsku, soos ek julle vroeër gewaarsku het, naamlik dat diegene wat sulke dinge doen, die •koninkryk van God nie sal beërf nie. 22Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 23sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen hierdie soort dinge is daar nie 'n wet nie. 24 Almal wat aan •Christus Jesus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeertes gekruisig. 25Aangesien ons deur die Gees leef, laat ons ook met die Gees in pas bly. 26Laat ons nie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar jaloers wees nie.