14 Onaantasbare Bybelse waarhede waarby ek staan tot Hy my kom haal!
David Malan
0:00 / 0:00
14 Onaantasbare Bybelse waarhede waarby ek staan tot Hy my kom haal!
199 просмотров · Трансляция закончилась 2 месяца назад
David Malan
213 подписчиков
199 просмотров · Трансляция закончилась 2 месяца назад
14 FUNDAMENTELE BEGINSELS VAN 'N BYBELGELOWIGE
Op die Woord gebou
1. DIE SKRIF IS GOD SE WOORD
2 Tim 3:16 "Die hele Skrif is deur God ingegee"
Ps 119:160 "Die samevatting van U woord is waarheid"
2. JESUS IS GOD IN DIE VLEES
Joh 1:1,14 "Die Woord was God... en het vlees geword"
Kol 2:9 "al die volheid van die Godheid liggaamlik"
1 Johannes 4:2
"Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus •Christus vlees geword het, is uit God"
3. JESUS IS DIE ENIGSTE WEG, WAARHEID EN LEWE
Joh 14:6 "Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie"
Hand 4:12 "geen ander Naam... waardeur ons gered moet word nie"
4. JESUS HET DIE DOOD OORWIN
JOH. 11:25 “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal leef, al het hy ook gesterf."
1 Korinthiërs 15:17
"En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof vergeefs, en is julle steeds in julle sondes."
1 Korinthiërs 15:45
"So staan daar immers geskryf: “Die eerste mens, Adam, het 'n lewende wese geword.” Die laaste Adam het egter 'n lewendmakende Gees geword."
5. SALIGHEID IS UIT GENADE EN DEUR GELOOF ALLEEN
Ef 2:8-9 "nie uit werke nie, sodat niemand kan roem nie"
Romeine 3:24
"en tog word hulle goedgunstig op grond van sy genade vrygespreek deur die bevryding in Christus Jesus."
Hebreërs 11:6
"Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan, en dat Hy dié beloon wat Hom soek"
6. DIE UITNODIGING IS VIR ALLE MENSE
1 Tim 2:4 "God wil hê dat ALLE mense gered word"
Open 22:17 "Laat hom wat WIL, die water van die lewe neem, verniet
Johannes 3:16
Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
Die deur is smal Matt 7:14, maar wyd oop vir almal wat wil.
7. DIE KERK IS DIE LIGGAAM EN BRUID VAN CHRISTUS
1 Kor 12:27 "Julle is die liggaam van Christus"
Ef 5:25 "Christus het die gemeente liefgehad en Homself daarvoor gegee"
8. ISRAEL IS GOD SE VOLK OP AARDE
Rom 11:29 "Die roeping van God is onberoulik"
Eseg 37:12 "Ek sal julle uit julle grafte laat opkom"
Wat Hy vir hulle doen, bewys Hy sal doen wat Hy vir ons belowe.
9. DIE WEGRAPING IS ENIGE OOMBLIK
1 Thess 4:16-17 "ons wat oorbly sal saam met hulle weggevoer word"
1 Kor 15:52 "in 'n oogwink"
Titus 2:13 "ons salige hoop"
10. SONDE BLY SONDE
Jes 5:20 "Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg"
Rom 6:23 "die loon van die sonde is die dood"
1 Joh 3:4 "sonde is oortreding van die wet"
Wat God 2000 jaar gelede geoordeel het in Sodom Gen 19, oordeel Hy vandag nog. Heb 13:8
As sonde nie sonde is nie, was die Kruis verniet. Gal 2:21
11. HEILIGHEID IN LIGGAAM EN LEWE
1 Thess 4:3 "Dit is die wil van God: julle heiliging"
1 Pet 1:16 "Wees heilig, want Ek is heilig"
1 Kor 6:11 "en só was sommige van julle. Maar julle is gewas, maar julle is geheilig"
Genade verander jou. Dit laat jou nie in die modder nie. Titus 2:12
12. DIE GEES GEE KRAG EN GAWES
Hand 1:8 "julle sal krag ontvang"
Gal 5:22-23 "die vrug van die Gees"
Nie vleeslike krag nie. Gees-krag om heilig te leef en dapper te getuig.
13. ONS IS GEROEP OM TE GETUIG, TE WAARSKU EN TE WAG
Matt 24:42 "Wees wakker, want julle weet nie die dag nie"
1 Thess 5:6 "laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar wakker wees"
Ons kyk op. Luk 21:28 "hef julle hoofde op, want julle verlossing is naby"
14. JESUS KOM TERUG OM TE REGEER
Open 19:16 "KONING VAN KONINGS EN HERE VAN HERE"
Sag 14:9 "Die Here sal Koning wees oor die hele aarde"
Open 20:6 "hulle sal as konings saam met Hom rzegeer"