Перейти к содержимому

'n Plaas se prys

Skuiwergat

0:00 / 0:00

'n Plaas se prys

17 просмотров · 4 месяца назад
Skuiwergat
8 подписчиков
17 просмотров · 4 месяца назад
Die oom waarsku hierdie jong man vooraf wat graag met sy dogter wil trou. Sy het duur smaak, want sy kos hom 'n plaas te prys. Lirieke Vers 1 Ek kom op die werf met my beste vellies aan, My hart klop soos ’n Lister wat nie stil kan staan Die Oom sit op die stoep met sy pyp en twak “Boet, wat's fout, jy lyk so bleek en swak?" Ek sê: “Oom, ek’s hier oor daai kind van jou, Ek's lief vir haar en wil haar trou." My plaas is groot van suid tot noord Met bees en skaap, 'n reuse perskeboord Koor Maar sy kos 'n plaas se prys Vir my maak dit nie saak 'n Plaas se prys O, dit kan my nie traak Want my liefde is so blind Ek sal miljoene vind Waar 'n wil is, is tog 'n weg Vir die plaasnôi sal ek veg Vers 2 Oor jou versoek, ou boet, is geen beswaar Maar tog wil ek jou ellende spaar Want hierdie kind, sy maak my grys Ja, sy kos my mos 'n plaas se prys Die oom sug diep en sê: Jy speel met vuur Sy soek die beste goed, haar smaak is duur want kaviaar met vonkelwyn is net haar spys Sy rits die wêreld vol van Milan tot Parys Koor Maar sy kos 'n plaas se prys Vir my maak dit nie saak 'n Plaas se prys O, dit kan my nie traak Want my liefde is so blind Ek sal miljoene vind Waar 'n wil is, is tog 'n weg Vir die plaasnôi sal ek veg