WEDERGEBORE KINDERS VAN GOD EN WERELDSE MENSE
BIBLICAL TRUTH MINISTRIES
0:00 / 0:00
WEDERGEBORE KINDERS VAN GOD EN WERELDSE MENSE
30 просмотров · 2 месяца назад
BIBLICAL TRUTH MINISTRIES
49 подписчиков
30 просмотров · 2 месяца назад
Liewe vriende, die Bybel onderskei skerp tussen twee soorte mense in hierdie wêreld. Daar is die wêreldse kinders — mense wat gebore is in die natuur, leef vir die vlees, en hulleself aan die god van hierdie wêreld onderwerp.
En dan is daar die wedergebore kinders van God — diegene wat deur die Gees van God 'n nuwe geboorte ervaar het, wat uit die water en die Gees gebore is, en wat nou lewe in die koninkryk van God.
Daar is egter ook mense wat in n gevaarlike toestand leef, hulle wat weier om te erken dat hulle sondaars is, wat werklik glo dat hulle pad oop is hemel toe, met ander woorde die wat n dubbele lewe lei. Dit is n baie gevaarlike toestand, want hy wat erken dat hy n sondaar is , staan n kans om gered te word, sodra hy erken en belei en Jesus aanneem. Die dubbelgesinde dink hy is gered terwyl hy verlore is,dit is die mees gevaarlikste situasie waarin n persoon hom kan bevind.
Deurdat mense hulle self Christene noem, en n dubbele lewe lei, steel die dubbele lewe die getuienis van die kerk. . Die wêreld kyk na die kerk. Wanneer 'n Christen dieselfde lewe lei as die ongelowige, het die wêreld geen rede om na die evangelie te luister nie. Paulus sê in Romeine 2:24: "Die Naam van God word onder die heidene gelaster oor julle ontwil."
Sodoende leef hulle die wereldse begeertes en genot en vergeet hulle n paar verse in die Woord.
Jaag heiligmaking na. Hebreërs 12:14 sê ons moet in vrede saamleef met almal en strewe na heigmaking, waarsonder ons God nie sal sien nie. Heiligmaking is nie 'n poging om God te beïndruk of te verdien nie.
Dit is die vrug van 'n hart wat reeds deur genade gered is.
Dit is die natuurlike uitvloei van 'n ware liefde vir God.