Jou Mense My Mense: Karin Koen
GROOTfm 90.5
0:00 / 0:00
Jou Mense My Mense: Karin Koen
442 просмотра · 1 дн. назад
GROOTfm 90.5
10,3 тыс. подписчиков
442 просмотра · 1 дн. назад
Karin Koen het vir ons ’n epos gestuur met die woorde: “Ek het vanoggend vir die eerste keer julle advertensie gesien. Dit het geweldig tot my gespreek in my “stil wêreld” van doofheid; dit het my soos ‘n bom getref. Ons GAAN GROOT in alles wat ons doen – van die uitsaai tot die insaai! Sal julle asseblief INSAAI in my “gebroke, stil, alleen wêreld”, sodat ek weer kan lewe en “uitsaai” vir my mense?”
Karin Koen is op 23 September 1978, 100% doof gebore met onderskeidelik 119 en 118 dB gehoorverlies. Haar doofheid is agv die beskadiging van beide haar binne-oorkanale deur ’n tangverlossing tydens die bevalling. Haar eerste geluid was eers op 2 ½ jaar, en het sy klankloos gehuil en geleer spraak-lees. Sy praat vlot Afrikaans, en is vandag ‘n lip-lesende dowe. Karin het egter ‘n baie ernstiger uitdaging as die 100% doofheid. Haar klanksensitiwiteit is permanent heeltemal beskadig agv ‘n harde kringfluit van ‘n luidspreker. Gevolglik is sy hiper sensitief vir klank en geluide. Sy kry erge Tulio wat haar vir dae erg naar en duiselig maak, en haar balans versteur met erge hoofpyn. Na Skool (toppresteerder van St. 6 – 10 in ‘n Skool vir Hardhorendes ten spyte van haar 100% doofheid) het sy twee sertifikaatkursusse gedoen aan UNISA waarin sy in beide die topstudent was en met lof geslaag het. In 2004 behaal sy haar B.Ed. Vroeë Kinderontwikkeling en Grondslagfase-graad aan die Universiteit van Pretoria wat sy ook met lof slaag en die toppresteerder was.
Karin moes egter toe, ongelukkig, noodgedwonge met mediese-pensioen aftree agv die onomkeerbare permanente beskadiging van haar gehoorsensitiwiteit. Karin se pensioen inkomste is slegs R 8 608,93 per maand. Haar ma, by wie sy woon, is ook ‘n pensioenaris met ‘n pension van R 12 136,17. Intussen is haar broer ook op 31 Mei vermoor.
Karin het die grootste passie vir musiek, en haar grootste droom is om vir mense wat doof is, sinvolle, sigbare musiek gee. Sy het 'Visuele Sang' gedoen tot met COVID, en wil dit binnekort weer nastreef. Sy is ’n baie groot aanhanger van Christof van den Berg, en het al die voorreg gehad om hom te ontmoet by ’n konsert.
Karin sê: “My dankbaarheid teenoor die Almagtige Skepper God, Christof van der Berg en Prof. Mercia Coetzee asook my Mams, Vera Koen, ken geen perke...God het deur musiek my stil, eensame wêreld weer kom oopbreek en helende balsem in my "verflenterde" hart kom gooi. Ek kon die "Leeu" vol in die oë kyk en weet, ek sal nie vrees nie... Ek sal weer kan opstaan.”
Karin en haar ma, Vera, het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
En ’n GROOT dankie aan Caring Daisies en die Foundation for Children with Hearing Loss vir julle bydrae, asook aan almal wat hulle storie ondersteun en help om ’n GROOT verskil te maak.
#gaanGROOT #jouGROOTstefm #omgee #givingback