Перейти к содержимому

Soli DEO Gloria - aan GOD Alleen alle Eer - Romeine 11:33-36

Gerhard Blom

0:00 / 0:00

Soli DEO Gloria - aan GOD Alleen alle Eer - Romeine 11:33-36

13 просмотров · 5 дн. назад
Gerhard Blom
68 подписчиков
13 просмотров · 5 дн. назад
Soli DEO Gloria Skriflesing: Romeine 11:33-36 (Afrikaans 1933/53 Vertaling) Teksvers: Romeine 11:36 Nadat die Kerk gebore is op Pinkstersondag en die dissipels uitgegaan het en Jesus se opdragte (Matt. 28:19-20; Hand. 1:8 ens.) uitgevoer het, en kerke gestig en geplant het in die wêreld - het die die eerste groot kerk skeuring (die groot skisma) in 1054 plaasgevind toe die Rooms Katolieke kerk (Wes) en die Oosterse Ortodokse kerk van mekaar geskeur het, juis oor redes soos verskille oor pouslike autoriteit, liturgiese handelinge en ander Teologiese verskille soos bv. die Filioque klousule in die geloofsbelydenis van Nicea. Daarna sowat 500 jaar later in Europa vind die volgende groot skeuring plaas, bekend as die Hervorming of Reformansie. Baie geleerdes meen dat een van die groot begin momente van die Hervorming 31 Oktober 1517 was toe Martin Luther sy 95 stellings teen die Rooms Katolieke kerk se kerkdeur, daar in Wittenberg in Duitsland, gaan vas slaan het. Die res is geskiedenis soos ons sê, maar uit die reformasie uit word daar 5 slagspreke of 5 solas gebore wat in 'n seker sin die kern van die Protesterende Hervormers se leer verteenwoordig. Reeds in 1554 skryf Philip Melanchton "sola gratia justificamus et sola fide justificamur" - 'ons regverdig deur genade alleen en is geregverdig deur geloof alleen' - hierdie sentrale gedagte afgelei uit die Bybel self sal daarna met tyd gesistematiseer word tot dat Theodore Engelder in 1916 dit in 'n artikel as 3 beginsels van die Hervorming weergee en Johan Baptist Metz in 1965 die 5 solas in die finale vorm gee soos wat ons dit vandag ken. Dit is belangrik om te weet dat die Hervormers alhoewel hulle nie die 5 solas direk genoem het nie, tog deurgaans die beginsels van die 5 sola spreuke verkondig en geleef het. Vandag kan ons ook weer terugkeer (Hervorm) na God se Woord en Die Waarheid daarvan. Sola Scriptura (Die Woord van God Alleen) Sola Gratia (Genade Alleen) Sola Fide (Geloof Alleen) Solus Christus (Christus Alleen) Soli Deo Gloria (tot eer van God Alleen) moet steeds ons raamwerk wees vir ons taak as geroepenes van Christus want: Martin Luther het voortdurend geworstel met die Skrif en besef dat ons onsself nie kan red nie en daarom het hy depressief geword en was hy voortdurend bang dat God hom sou straf omdat hy nie goed genoeg is nie. Deur God se genade het sy deurbraak en belangrikste bydrae tot die hervorming gekom toe hy besef het dat God nie 'n Toornige God is wat ons wil straf nie - maar dat God Sy Seun gestuur het om ons te red omdat God 'n God van Genade is. Romeine 1:17 het vir Martin Luther die deurslag gegee en dit hom laat besef dat ons nie gered of geregverdig word deur ons werke nie - want ons is nie regverdig om mee te begin nie, en daarom is geen van ons werke regverdig om mee te begin nie - en daarom kan ons nie bydrae tot ons eie redding nie - maar ons word regverdig gemaak deur die geloof in Jesus Christus - Dit is deur ons geloof (wat 'n genade gawe is) in Jesus Christus wat Jesus Christus se regverdgheid op ons geplaas word en vir ons toegereken word. As ons dit begryp sal ons nie anders kan as om lewens te begeer wat in alles die eer aan God gee - Ons sal besef geen eer kom mense of onsself toe nie, maar alle eer kom God alleen toe - Hy is in beheer van die geskiedenis en Hy beheer en bestuur alles reg en goed en gee vir ons op die regte tyd die krag, integriteit en geloof om te doen wat reg is - net soos wat Martin Luther gedoen het toe hy op 18 April voor die Keiser in Worms gedaag is en aangeklae is van hoogverraad en steeds deur God se krag gesê het: Hier staan ek! ek kan nie anders nie, ek sal nie herroep nie - Martin het gesê dat hy nie voor die gesag van pouse en konings sal buig nie, maar dat sy gewete hom sal aanklae as hy nie by die waarheid van God se Woord hou nie. Hy het gesê dat hy alleenlik uit die Bybel oortuig kan word met logika. Op daardie dag is Luther gespaar en God het hom kragtig verder gebruik in die geskiedenis sodat ons ook vandag die Woord van God die Bybel in ons eie taal kan hê - daarom kan ons ook terugkyk op ons ryk geskiedenis as Protestantse Gereformeerdes en ons kan bly Hervorm en ons kan voortdurent die eer aan God gee - Semper Reformanda - Soli DEO Gloria Nou dat ons weet en verstaan dat Die Woord van God alleen voldoende is en ons leer dat ons gered word uit Genade alleen deur Geloof alleen in Christus alleen tot eer van God alleen - kan ons as Christene (dissipels van Jesus) aanhou om voortdurend te Hervorm tot eer van God. Want uit Hom (Sola Scriptura - Sola Gratia - Sola Fide) en deur Hom (Solus Christus) en tot Hom (Soli DEO Gloria) is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen 0:00 - Gebed 2:40 - Skriflesing uit Romeine 11 verse 33 tot 36 3:58 - Teksvers uit Romeine 11 vers 36 4:37 - Prediking uit Romeine 11 verse 33 tot 36 38:25 - Gebed