OPENING VAN MONTANA SWEM HIGH PERFORMANCE ACADEMY
Hoërskool Montana Pretoria
0:00 / 0:00
OPENING VAN MONTANA SWEM HIGH PERFORMANCE ACADEMY
59 просмотров · 1 год назад
Hoërskool Montana Pretoria
684 подписчика
59 просмотров · 1 год назад
Harde werk word altyd beloon. Monties Swem se harte loop oor van dankbaarheid en trots. Hoërskool Montana is deur SA Swem gekies om 'n High Performance Academy te vestig, wat 'n reuse hupstoot vir swem in ons omgewing beteken. 'n SSA-geakkrediteerde fasiliteit beteken 'n goedgekeurde verhitte fasiliteit wat aan beide opleidings- en veiligheidsstandaarde voldoen, met 'n ervare afrigter met 'n bewese rekord van die bestuur van 'n ontwikkelings- en kompetisieprogram wat swemmers tot nasionale en internasionale vlak ontwikkel. Ligging is ook belangrik, aangesien die program binne die plaaslike gemeenskap moet kan ontwikkel en afgeleë gebiede moet kan bedien. Die program behels identifisering van talentvolle leerders in die omgewing en geleentheid vir swem-ontwikkeling. Die opening van hierdie vreugdevolle gebeurtenis het plaasgevind op Vrydag 9 Mei. Gaste wat die groot dag saam met ons gevier het, was onder meer mnr. Dean Price, High Performance Manager van SA Swem, ander lede van SA Swem, raadslede, joernaliste, laerskoolhoofde, swemskool-eienaars en natuurlik personeel en swemmers van Hoërskool Montana. Ons is vol verwagting om te sien waartoe hierdie nuwe vennootskap sal lei - nie net vir Hoërskool Montana nie, maar die bevordering van swem in ons gemeenskap.