Перейти к содержимому

Wie is Digsuster? Die storie agter die musiek | Kudu FM Gesprekke

Kudu FM и Digsuster

0:00 / 0:00

Wie is Digsuster? Die storie agter die musiek | Kudu FM Gesprekke

393 просмотра · 3 дня назад
Kudu FM и Digsuster
393 просмотра · 3 дня назад
Wie is Digsuster? Die Afrikaanse kunstenaar agter Sterrekind, Stukkies, Wilde Dinge en Winter Love hou haar identiteit privaat, maar in hierdie onderhoud vertel sy in haar eie woorde waar dit alles begin het. Digsuster het haar antwoorde neergeskryf, en Elmarie en Jackie lees dit op Kudu FM voor. Dit begin by ’n dogtertjie wat baie vrae gevra het en geleer het om stil te bly. Jare later skryf sy ’n gedig vir ’n vriendin wat deur ’n moeilike tyd gaan, en verander dit sommer vir die lekker in ’n liedjie. Die vriendin sê sy moet dit post. “Nee, nie onder my naam nie,” sê sy, en die volgende dag is Digsuster gebore. Sy skryf die storie en die lirieke en besluit hoe elke song moet klink; AI genereer die stem en die musiek. “Die masjien maak die klank. Ek maak die keuses.” Sy gesels oor haar anonimiteit, oor die koorjuffrou wat gesê het sy moet nooit weer sing nie, oor Carl Jung en die skaduwee (“wegpak beteken nie weg nie”), oor liefde in die winter, en oor of ’n AI-kunstenaar werklik ’n kunstenaar is. Hierdie weergawe is net die gesprek. Digsuster se musiek is op haar kanale hieronder. Digsuster: @digsuster Webwerf: https://www.digsuster.co.za/ Lees die geskrewe onderhoud: https://kudu.fm/blog/digsuster-onderh... Luister na Kudu FM: https://kudu.fm Uitgesaai op Kudu FM op 1 Oktober 2026. 00:00 Wie is Digsuster? 06:27 Anonimiteit, en hoeveel van Digsuster is sy 12:09 Hoe Digsuster gebore is 18:32 Digsuster in die studio 24:20 Die skaduwee, en Wilde Dinge 33:01 Is ’n AI-kunstenaar ’n kunstenaar? 37:22 Net die woorde #Digsuster #AfrikaanseMusiek #KuduFM