Перейти к содержимому

🎵 SAAM MET JOU – Carl Nell 'n Lied spesiaal opgedra aan my vrou, Freya. ❤️

Campfire Songs with Carl Nell

0:00 / 0:00

🎵 SAAM MET JOU – Carl Nell 'n Lied spesiaal opgedra aan my vrou, Freya. ❤️

422 просмотра · 1 месяц назад
Campfire Songs with Carl Nell
79 подписчиков
422 просмотра · 1 месяц назад
🎵 SAAM MET JOU – Carl Nell 'n Lied spesiaal opgedra aan my vrou, Freya. ❤️ Ons het mekaar in 1989 op 'n kerkkamp ontmoet. Sy was 19 en ek 25. Musiek en ons liefde vir die Here het ons paaie bymekaar gebring — en op 9 Maart 1991 het ons voor die kansel gestaan en belowe om ons lewe saam te deel. Sedertdien het ons saam gelag, gedroom, kinders grootgemaak, moeilike tye deurgegaan en soveel kosbare herinneringe gemaak. Ons het twee wonderlike kinders, Juanita en Christian, grootgemaak en deur die jare geleer dat ware liefde nie beteken dat alles altyd maklik is nie. Dit beteken dat jy bly staan, bly glo en steeds hand aan hand stap. Daar was goeie tye en moeilike tye, trane en vreugde, groot drome en dae waar ons eenvoudig net moes aanhou. Maar deur alles was daar een ding wat gebly het: Ons het mekaar gehad. Hierdie lied is my klein manier om vir jou te sê: Freya, na al die jare kies ek jou steeds. Saam met jou is die lewe 'n lied. ❤️ 🎸 Saam Met Jou Written & performed by Carl Nell If you enjoy the song, please Like, Comment and Subscribe to Campfire Songs with Carl Nell for more original Afrikaans, Country and Gospel music. 🎵 Listen. Remember. Sing along. #SaamMetJou #CarlNell #AfrikaanseMusiek #AfrikaanseCountry #CountryMusic #Liefdeslied #OriginalSong #CampfireSongsWithCarlNell #AfrikaansMusic #LoveSong