Genesis 45:1-15 | Vergewe en onthou | Dr. Pieter J. Visser
NG Kerk Wierdapark
0:00 / 0:00
Genesis 45:1-15 | Vergewe en onthou | Dr. Pieter J. Visser
98 просмотров · 4 недели назад
NG Kerk Wierdapark
820 подписчиков
98 просмотров · 4 недели назад
Ons hoor dikwels: “Vergewe en vergeet.” Maar Genesis 45 vertel ’n meer eerlike verhaal.
Josef vergeet nie wat sy broers aan hom gedoen het nie. Hy sê dit reguit: “Julle het my verkoop.” Die seer word benoem, die verlede word nie weggepraat nie. En tog kies Josef om nie deur daardie verlede gevange gehou te word nie.
In hierdie preek dink ons saam oor wat dit beteken om te vergewe én te onthou. Hoe leef ’n mens met ’n verlede wat jy nie kan verander nie? Hoe werk versoening wanneer vertroue beskadig is? En hoe kan ons God se teenwoordigheid raaksien sonder om die kwaad wat gebeur het, mooi te praat?
Genesis 45 wys vir ons: vergifnis is nie geheueverlies nie. Genade maak nie die verlede onwaar nie, maar dit kan keer dat die verlede alleen ons toekoms bepaal.
Ons onthou wat gebeur het. Ons onthou ook dat God nie klaar is met die verhaal nie.