Перейти к содержимому

KSM Erediens I 18 Des. I Hoe stukkend is jy?

Kerksondermure

0:00 / 0:00

KSM Erediens I 18 Des. I Hoe stukkend is jy?

2 022 просмотра · 3 года назад
Kerksondermure
16,2 тыс. подписчиков
2 022 просмотра · 3 года назад
Jesus kies om Homself aan die stukkendste van die stukkendstes te openbaar. Hy kies om dit vir mense te gee wat dit nie regtig sou verdien nie. Die rede daarvoor is dat nie enige een van ons – maak nie saak wat ons doen – dit ooit sal kan verdien nie. Want ons is net te stukkend – al probeer ons die stukkies bymekaar hou. Die verhaal van die Samaritaanse vrou wys vir ons presies dit! Jesus draai die hele verhaal op sy kop toe Hy vir die vrou uitwys, dat alhoewel Hy dors en moeg is, sy eintlik die een is wat besig is om te sterf van die dors. Die antwoord is die lewende water wat Hy aanbied. Hierdie boodskap help jou ontdek wat die lewende water eintlik hier beteken en hoe dit jou lewe verander. TEMA: Hoe stukkend is jy? Predikant: Ds. Stefan Fourie As jy hierdie aanlyn erediens geniet het, wil ons jou nooi om meer uit te vind oor ons as gemeente in Centurion en Midstream deur ons webblad by ksm.co.za te besoek. NUWE VIDEO’S ELKE WEEK Aanlyn Oggendiens: Elke Sondag vanaf 07:30 Aanlyn Kinderdens: Elke Sondag vanaf 07:30 Aanlyn Bybelstudie: Woensdae om 09:00 Soeklig op die Bybel: Eerste Maandag van die maand TEKEN IN Bly op hoogte van gebeure by ksm deur in te teken vir ons weeklikse nuusbrief. VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA: Facebook:   / kerksondermure   Instagram:   / kerksondermure