Die stad waar ons nooit weer sal soek na enige iets nie. - Openbaring 22v3,4
SinMaak
0:00 / 0:00
Die stad waar ons nooit weer sal soek na enige iets nie. - Openbaring 22v3,4
16 просмотров · 8 ч назад
SinMaak
122 подписчика
16 просмотров · 8 ч назад
PREDIKING | 11 Oktober 2026
Skriflesing: Openbaring 21: 9 – 22: 5
Fokusvers: Openbaring 22: 3 – 4
Tema: Die stad waar ons nooit weer sal soek na enige iets nie.
Reeks: Kerk, moenie lê soos een wat dood is nie!
Liturg: Ds. Erasmus Venter
Verlede week het ons gehoor: God maak alles nuut, en Hy kom self by ons woon. Maar hoe lyk die plek waar Hy woon? Hierdie Sondag kry ons ‘n blik op die stad wat God vir sy volk voorberei het. In Openbaring 21:9–22:5 neem ‘n engel vir Johannes op ‘n hoë berg en wys hom die nuwe Jerusalem in volle prag. Die stad kom uit die hemel neer, van God af, en straal met sy heerlikheid. Dit word beskryf met beelde van pêrelpoorte, fondamente van kosbare edelstene en strate van suiwer goud.
Die stad word noukeurig gemeet en het die vorm van ‘n volmaakte kubus, ‘n beeld van volmaaktheid en volledigheid. Maar die grootste verrassing is nie die goud, die pêrels of die edelstene nie. Die verrassing is dit wat ontbreek, daar is geen tempel nie. Dit ontbreek want die Here God en die Lam is self die tempel. God se teenwoordigheid is nie meer iets waarna sy volk hoef te verlang of waarna hulle moet soek nie. Hy woon self by hulle.
Johannes sien ook dat daar geen son of maan nodig is nie, want die heerlikheid van God verlig die stad, en die Lam is sy lamp. Die poorte bly voortdurend oop, want daar is geen nag nie. Uit die troon van God en van die Lam stroom die rivier van die water van die lewe. Aan weerskante daarvan staan die boom van die lewe, waarvan die blare tot genesing van die nasies is. Die beskrywing eindig met ’n besondere belofte: God se diensknegte sal Hom dien, hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. Daar sal geen nag meer wees nie, en hulle sal vir ewig regeer. Die nuwe Jerusalem is uiteindelik die plek waar God en sy volk volmaak saamwoon, sonder sonde, sonder dood en sonder enige afstand tussen God en sy mense.