Sekondêre Meisieskool Oranje | Uit 'n Ander Hoek | Bemarkingsvideo
Jan Jordaan Media
0:00 / 0:00
Sekondêre Meisieskool Oranje | Uit 'n Ander Hoek | Bemarkingsvideo
559 просмотров · 1 год назад
Jan Jordaan Media
1,36 тыс. подписчиков
559 просмотров · 1 год назад
Die Christelike & Nasionale Sekondêre Meisieskool Oranje, geleë aan die voet van Naval Hill in Bloemfontein, se reputasie as ’n baken van akademiese, kultuur- en sportuitnemendheid is oor etlike jare gevestig.
Oranje huisves sowat 800 leerders. Die tradisieryke skool loop soos haar leuse altyd Vooruit, reeds vanaf 1907.
Sy is ’n vriendin, ’n heldin, ’n suster en ’n skool. Hier val die meetsnoere vir leerders in lieflike plekke en hulle erfenis is vir hulle mooi.
Die grootste kenmerk van Oranje is die sterk Christelike beginsels waarmee die dogters opgevoed word.
Hierdie aspek gee vir elke dogter die nodig toerusting om haar lewenswaardes op ’n vaste grondslag te vorm.
Ons leuse is, en sal altyd wees: Vooruit