Перейти к содержимому

WEERLOOS MAAR GEVAARLIK! - 26 APRIL 2026

LewenSentrum

0:00 / 0:00

WEERLOOS MAAR GEVAARLIK! - 26 APRIL 2026

4 458 просмотров · Трансляция закончилась 5 мес. назад
LewenSentrum
45,8 тыс. подписчиков
4 458 просмотров · Трансляция закончилась 5 мес. назад
DATUM: 26 APRIL 2026 (OGGEND) PREDIKER: PROF. STEPHAN JOUBERT TEMA: WEERLOOS MAAR GEVAARLIK! Lukas 10 (AFR83) 1. “Mission impossible:” Jesus stuur ons soos lammers tussen die wolwe in met baie min toerusting Lukas 10:1-4 (AFR83) Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in. “Moenie 'n beurs of 'n reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie. 2. Ons wapens as Jesus se gestuurdes: Ons deel die Here se vrede. Ons beskik ook oor gebedskrag en oor die gesag om hemelse deur oop en toe te sluit. Lukas 10:5-12 (AFR83) As julle in 'n huis kom, moet julle eerste woorde wees: “Vrede vir hierdie huis.” As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom. Moenie van een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande het, want die arbeider is geregtig op sy loon. As julle in 'n dorp kom en hulle ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle voorsit. Maak die siekes daar gesond en sê vir die mense: “Vir julle is die koninkryk van God baie naby!” Maar as julle in 'n dorp kom en hulle ontvang julle nie, gaan dan uit in sy strate en sê: “Selfs julle dorp se stof wat aan ons voete sit, vee ons af as aanklag teen julle. Maar dit moet julle weet: die koninkryk van God is baie naby.” Ek sê vir julle: Vir die mense van Sodom sal dit op dié dag draagliker wees as vir daardie dorp. 3. “The roar of the lambs:” Blydskap wen. Die duiwels sidder en die wolwe vlug! Lukas 10:17 (AFR83) Die twee en sewentig het vol blydskap teruggekom en gesê: “Here, selfs die bose geeste onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam.” 4. Jesus se woord aan die lammers: Ek het die satan uit die hemel sien val. Jesus deel sy gesag oor die bose met ons. Ware vreugde is dat ons name in die hemel opgeskryf is. Lukas 10:18-20 (AFR83) Toe sê Hy vir hulle: “Ek het die Satan soos 'n weerligstraal uit die hemel sien val. Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen. En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is.”