Перейти к содержимому

'n Nuwe Ster Skyn in die Hemel (Ballad Version)

PistonsSa

0:00 / 0:00

'n Nuwe Ster Skyn in die Hemel (Ballad Version)

206 просмотров · 6 мес. назад
PistonsSa
853 подписчика
206 просмотров · 6 мес. назад
🎵 Titel: 'n Nuwe Ster Skyn in die Hemel Hierdie lied is gebaseer op my oorspronklike Afrikaanse gedig, “'n Nuwe Ster Skyn in die Hemel”. Met behulp van AI-musiektegnologie het ek my eie woorde omskep in ’n nuwe Afrikaanse liedjie wat emosie, storie en klank saambring. 📝 Lirieke : Die engele in die hemel, het af gekyk na aarde. 'n Ster sien skyn, so groot en skerp, met baie, baie waarde. Die engele het die ster kom haal, so skielik tydens skemer. Sodat vanaf daardie nag, 'n nuwe ster skyn in die hemel. Die ster is jy my vriend, Jy het ons almal altyd so laat lag. Ons het saam gekuier en gesing Tot in die doodsnikke van die nag. Die tyd was ons van baas, as ons so kuier en geraas Maar die tyd is nou verby, en die stilte, laat ons ly. In ons harte is daar n kamertjie, ingerig vir jou. Maak jou maar eers tuis daar, terwyl ons so 'n bietjie rou. Elke aand wanneer ons kyk na bo, dan weet ons, jy kyk na onder. Met jou sagte oë en goeie hart So skielik, is ons daarsonder. Die tyd was ons van baas, as ons so kuier en geraas. Maar die tyd is nou verby, en die stilte, laat ons ly. Jou glimlag gaan ons mis, my vriend. Dit was eerlik en opreg. So ook jou staaltjies van avonture, Saam jou maaitjie , nou's dit weg. Die aande wat ons om gepraat het, oor alles nuut en raar. Was vir my soos goud my vriend, in my hart word dit bewaar. Die tyd was ons van baas, as ons so kuier en geraas. Maar die tyd is nou verby, en die stilte, laat ons ly. Ai my ou vrind, ek gaan vir eers nou groet. Hou ons veilig daar van bo, tot ons almal weer eendag mekaar ontmoet. 🔥 Wat om te weet: – Oorspronklike Afrikaanse lirieke – Geskryf as ’n persoonlike gedig – AI-gegenereerde musiek en vokale – Unieke kombinasie van poësie en musiek 📚 Oor My: Ek is Pistons, skepper van oorspronklike Afrikaanse gedigte en AI-geïnspireerde musiek. Elke lied kom direk uit my eie stories, ervarings en poësie. 📢 Ondersteun die kanaal: As jy van hierdie lied hou, LIKE 👍, KOMMENTAAR 💬 en SUBSCRIBE 🔔 vir meer Afrikaanse AI-musiek en oorspronklike gedigte wat omskep word in liedjies. Kyk die Afrikaanse AI Playlist hier:    • Welkom in Boksburg   #️⃣ Tags / Soekterme: #AfrikaanseMusiek #AIMusic #AfrikaansPoetry #aimusic #lyricvideo #poetry #originallyrics #pistonssa #AfrikaansAI