Перейти к содержимому

Wil jy moed opgee? Pasop vir verleidelike kortpaaie in beproewing en versoekings Ds Gustav Opperman

Woorde uit sy Woning

0:00 / 0:00

Wil jy moed opgee? Pasop vir verleidelike kortpaaie in beproewing en versoekings Ds Gustav Opperman

2 018 просмотров · 7 лет назад
Woorde uit sy Woning
5,42 тыс. подписчиков
2 018 просмотров · 7 лет назад
Dat ons in die woestyn lewe, dis nie te betwyfel nie. Van hierdie aarde wat vir ons dorings en distels voortgebring het, eet ons ons brood in die sweet van ons aangesig. En so struikel almal van ons deur die distels en die wildernis. En ook hier laat die duiwel ons nie met rus nie. Ook hier kom die groot versoeker om vir ons verleidelike kortpaaie te bied. Smag jy na 'n beter lewe? Wil jy moed opgee? Die Skrif leer ons ook van ‘n woestyn versoeking. U sal onthou hoe Israel in die woestyn beproef was. Honderde jare later met die uittog uit Egipteland word die seun van God weer beproef. Dis hoe ons die volk Israel in die boek Eksodus leer ken as die seun van God ... Die seun van God word soos ons vandag, in die woestyn getoets ... ‘n woesteny vol dorings en distels. Veertig jaar lank in die woestyn is hulle gelei ... tot beproewing gelei, om te weet wat in hulle harte was. Nogtans het God hulle daar versorg, wonderlik versorg. Daar was water, daar was manna, daar was God se vuurkolom snags en sy wolkkolom bedags. Veertig jaar lank het die skoene aan hulle voete nie verslyt nie. Veertig jaar lank is Israel beproef om te sien of hulle op die HERE alleen sou vertrou ... volkome sal vertrou ... Onthou dit, die dag wanneer u in u woestynbestaan wanhopig wil raak. Bron: Mattheus 4 Wil jy moed opgee? Pasop vir verleidelike kortpaaie in beproewing en versoekings Ds Gustav Opperman (2019 01 20) Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by die Gereformeerde Kerk Matlabas se internetbediening! Skryf asb in op ons YouTube kanaal! Kliep op UC4a6OxJVCv1iYCtt6TjpGMQ 1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word vanaf reformeer@gmail.com Besoek gerus #uitdiepvandonkernagte op FB. Please watch: "Die DVD Uit Diep van Donker Nagte Reformasie 500 Reformation 500" (Lokfilm)    • Uit Diep van Donker Nagte Reformation 500 ...   2) Kry 'n gratis transkripsie van hierdie preek en ander preke weekliks: Skryf in op ons poslys by reformeer@gmail.com 3) Van ons preke het Afrikaanse en Engelse onderskrifte en is dus meer toeganklik. 4) Beskikbaar: Volledige Bybelstudie CD-reekse: Openbaring (20 CD's) Bybelstudie CD-reeks: Ps 1-50 (25 CD's) Hierdie Bybelstudiereekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Kategismusreekse: Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis, Dordtse Leërreels. Ontbeer u 'n aanddiens/Kategismusprediking? Hierdie reekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. 5) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake. Kontak ons: reformeer@gmail.com 6) Besoek ons Faceboek-blad: Gereformeerde Kerk Matlabas en teken asb in! 7) Ons gemeente is 101 jaar oud. Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor. Ons kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer. Indien u GK Matlabas Mediadienste finansiëel wil ondersteun, kontak ons asb op reformeer@gmail.com Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Ps 65 & 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers #beproewing #versoeking #kortpaaie @gustavopperman @inaopperman