Перейти к содержимому

WAT IN JOU MAAK JESUS SUG? - 25 OKTOBER 2026

LewenSentrum

0:00 / 0:00

WAT IN JOU MAAK JESUS SUG? - 25 OKTOBER 2026

6 199 просмотров · Трансляция закончилась 1 дн. назад
LewenSentrum
45,9 тыс. подписчиков
6 199 просмотров · Трансляция закончилась 1 дн. назад
Markus 9:18-29 (DB) MOEILIKE GEESTELIKE VRAE Watter rol speel my werke? Watter rol speel my geloof of ongeloof? As God almagtig is gaan Hy doen wat Hy wil of wag Hy vir my? WAT MAAK JESUS SUG? Markus 8:12 (DB) Met ’n swaar sug sê Jesus toe: “Waarom soek hierdie mense net heeltyd na iemand wat buitengewone dinge kan doen? Laat Ek nou vir julle sê: so ’n bewys gaan Ek nie vir julle gee nie.” Markus 9:19 (DB) Jesus sê toe: “Julle glo darem baie swaar. Hoe lank moet Ek nog hier by julle bly voordat julle sal glo? Hoeveel geduld moet Ek nog met julle hê? Bring die seun hier.” Markus 9:17-18 (DB) “Meneer,” sê een van die mense toe, “ek het my seun hiernatoe gebring. ’n Bose gees het hom beetgepak sodat hy nie ’n woord kan uitkry nie. As die bose gees hom pak, slaan hy op die grond neer. Skuim borrel dan by sy mond uit, hy byt vreeslik op sy tande en hy word stokstyf. Ek vra toe u volgelinge om die gees uit my seun te verjaag, maar hulle kon nie.” Markus 9:23-24 (DB) As U ons enigsins kan help, smeek ek U, sien ons verdriet raak en help ons, asseblief!” Jesus reageer toe: “Sê jy: ‘As Ek kan’? Wel, as ’n mens vertrou, is enigiets moontlik.” Die seun se pa roep toe uit: “Ek vertrou, en as ek hier en daar nie vertrou soos ek moet nie, help my asseblief daarmee ook.” Kan God? Wil God? Vir my? Nou? Markus 9:25 (ABA) Toe Jesus sien dat 'n groot klomp mense na hulle toe hardloop, het Hy hard met die onrein gees gepraat en vir hom gesê: “Jy is 'n gees wat mense stom en doof maak. Ek sê vir jou: Gaan uit die seun uit! Jy moet nooit weer in hom inkom nie!” Markus 9:26-29 (ABA) Die gees het hard geskree en hy het die seun nog meer laat ruk en skop. Toe het hy uit die seun uitgegaan. Dit het gelyk of die seun dood is, en baie van die mense het gesê hy is dood. Jesus het sy hand geneem en hom opgehelp, en die seun het opgestaan. Jesus het huis toe gegaan, en toe sy dissipels alleen by Hom was, het hulle vir Hom gesê: “Ons kon nie die onrein gees uitjaag nie. Hoekom nie?” Jesus het hulle geantwoord: “'n Mens kan hierdie soort onrein gees net uitjaag as jy tot God bid.” SLAAP IN DIE TUIN VAL - WANNEER DIT TEL Matteus 26:40-41 (ABA) Jesus het teruggekom na die drie dissipels toe en toe sien Hy hulle slaap. Hy het vir Petrus gevra: “Hoekom kon julle nie een uur saam met My wakker bly nie? Julle moet wakker wees en bid dat niks sal gebeur wat julle sal laat sonde doen nie. Die mens se gees wil graag doen wat reg is, maar die mens self is te swak om reg te doen.”