Перейти к содержимому

(STEEDS) DANKBAAR

Ronell Bezuidenhout

0:00 / 0:00

(STEEDS) DANKBAAR

240 просмотров · 3 нед. назад
Ronell Bezuidenhout
660 подписчиков
240 просмотров · 3 нед. назад
Wat as dankbaarheid meer is as om “dankie” te sê wanneer iets mooi met ons gebeur? Wat as dankbaarheid ons kan leer om anders na die lewe te kyk? Ons begin in Oktober ’n nuwe reis saam. Nie ’n reis waarin ons probeer om vir alles dankbaar te wees nie. Want ons weet: daar is dinge waarvoor ’n mens nie sommer dankie kan sê nie. Verlies. Teleurstelling. Siekte. Onreg. Dinge wat ons nie verstaan nie. Ons gaan eerder ontdek wat dit beteken om dankbaar te leef – steeds desondanks. Vir 22 dae gaan ons saam kyk. Eers na die dinge wat ons maklik miskyk: die gewone, die klein dinge, die mense wat God oor ons pad gebring het. Dan gaan ons verder – na die oomblikke wanneer die lewe nie volgens plan verloop nie. En uiteindelik na die plek waar dankbaarheid altyd heen wil beweeg: na God. Want dalk begin dankbaarheid nie wanneer my omstandighede verander nie. Dalk begin dit wanneer my oë verander. Elke dag kry jy ’n kort stemboodskap, ’n Bybelteks, iets om oor verder te dink – en ’n uitnodiging om self te ontdek. Moenie net vra: “Waarvoor moet ek vandag dankbaar wees?” Vra eerder: “Waar sien ek vandag vir God?” Kom stap hierdie 22 dae saam. Ons gaan leer om raak te sien. Om te ontvang. Om te gee. Om selfs deur moeilike dinge heen te kyk. En aan die einde hoop ek ons ontdek iets wat baie dieper is as ’n dankbare gevoel: dat dankbaarheid ’n manier kan word om te leef. Steeds. Desondanks.