Romeine 11:1-10 Het God my dalk weg gewys?
Soetdoring Gemeenskap
0:00 / 0:00
Romeine 11:1-10 Het God my dalk weg gewys?
8 просмотров · 1 день назад
Soetdoring Gemeenskap
45 подписчиков
8 просмотров · 1 день назад
Soetdoring Gemeenskap
Kom leer, verander en dien saam -
Christus alleen kan red van God se oordeel en uit ons daaglikse probleme. Soos die Soetdoring boom diep voed uit ons rivierbeddings, so roep God ons om diep te tap uit Sy Woord, wat alles bevat om ten volle te lewe. Ons leer en onderwerp ons as individue en as ‘n gemeenskap gedurig aan Sy Woord, ons finale outoriteit. Ons strewe na ‘n goeie verstaan en toepassing daarvan, wat Sy Gees deurlopend aan ons verlig deur prediking, sang, die Doop en Nagmaal, gebed, studie en dissipelskap. Só word ons wortels stewig gevestig in Christus, en vind ons diep vreugde en genade om die storms van die lewe te kan weerstaan.
Ons word toenemend ‘n gemeenskap wat die oorweldigende bevryding van Christus vir ander wil bring deur mekaar en ‘n verwarde wêreld te dien deur die vrugte van die Gees wat ons dra.
Wie is ons? -
Norman van Zyl dien as leraar van Soetdoring gemeenskap.
Ons assosieer met die Sola5 Assosiasie van God-gesentreerde, Evangeliese gelowiges in Suider-Afrika. Hierdie assosiasie het 23 kernwaarhede wat die lede nastreef. Bestudeer dit gerus by www.sola5.org.
Soetdoring Gemeenskap, Sondae om 09h00