Перейти к содержимому

Is die einde van BEE in sig? | Politieke Oorsig – 9 Okt 2026

AMT

0:00 / 0:00

Is die einde van BEE in sig? | Politieke Oorsig – 9 Okt 2026

5 995 просмотров · 1 дн. назад
AMT
31,2 тыс. подписчиков
5 995 просмотров · 1 дн. назад
In hierdie week se Politieke Oorsig bespreek Johnny van der Merwe en Roland Henwood die jongste plaaslike en internasionale politieke ontwikkelings. Met die plaaslike verkiesings op 4 November wat vinnig naderkom, skuif die fokus al hoe sterker na dienslewering, koalisies, migrasie en die stryd om beheer van belangrike metros. Ons kyk ook na die groeiende debat rondom B-BBEE, wat plaaslik én internasionaal meer aandag kry. Die Suid-Afrikaanse regering het onlangs Amerikaanse druk om BEE af te skaf verwerp, terwyl spanning tussen Pretoria en Washington oor verskeie beleidskwessies bly voortduur. Verder gesels ons oor plaasveiligheid en geweldsmisdaad, asook die breër politieke druk op die regering. Internasionaal kyk ons na die Amerikaanse middeltermynverkiesings op 3 November, wat ’n belangrike toets vir president Donald Trump se tweede termyn gaan wees, en wat veranderende magsverhoudinge in Washington vir Amerikaanse beleid kan beteken. Ons bespreek ook die voortdurende spanning rondom Iran, die breër konflik in die Midde-Ooste, Israel, Rusland en die toenemende politieke onrus wat in dele van Europa sigbaar is. 📲 Sluit aan by ons AMT WhatsApp Community: https://chat.whatsapp.com/DAyZ9iSSXoa... 🔗 Bly op hoogte van AMT se jongste politieke en markinligting: https://linktr.ee/amtrendsplatforms?s... #AMT #Politiek #politiekeoorsig #BEE #BBBEE #plaaslikeverkiesing #suidafrika #Plaasveiligheid #VSA #Midterms2026 #Trump #iran #Israel #Geopolitiek #landbou #Boerdery #suidafrikaansepolitiek