Solidariteit Onderwyser van die jaar: 3de plek, Louise Badenhorst van Hoërskool Florida
Florries Aanlyn
0:00 / 0:00
Solidariteit Onderwyser van die jaar: 3de plek, Louise Badenhorst van Hoërskool Florida
121 просмотр · 10 месяцев назад
Florries Aanlyn
2,73 тыс. подписчиков
121 просмотр · 10 месяцев назад
Baie geluk aan ons Juffrou Louise Badenhorst met haar 3de plek in die Nasionale Solidariteit Onderwyser van die jaar 2025 toekennings.
Louise Badenhorst is ʼn kreatiewe, doelgerigte onderwyseres met ʼn passie vir onderrig, veral die gebruik van tegnologie in die klaskamer. As voormalige Springbok-atleet in gewigstoot en hamergooi het sy die waarde van balans tussen werk, sport en ontspanning geleer – ʼn vaardigheid wat haar reeds 29 jaar lank goed dien in haar onderwysloopbaan by Hoërskool Florida, waar sy Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid aanbied.
In 2010 is haar toewyding en uitnemendheid beloon toe sy die tweede plek in Gauteng tydens die National Teacher Awards behaal het. Hierdie prestasie het haar verder gemotiveer om voortdurend te groei en te innoveer. Sy geniet dit om kreatiewe oplossings vir uitdagings in haar vakgebied te vind en glo sterk in die waarde van aanpasbaarheid en uithouvermoë. Vir haar is dit belangrik dat leerders die vak geniet, aangesien dit leer en luister bevorder. Daarom poog Louise om haar klasse aangenaam, maar steeds gedissiplineerd aan te bied.
Met ʼn holistiese benadering wil sy ʼn positiewe verskil in die lewens van leerders maak, met ʼn spesifieke fokus op hul emosionele, sosiale, fisiese en geestelike ontwikkeling.