AS JY NA MY VERLANG
STOEPMUSIEK
0:00 / 0:00
AS JY NA MY VERLANG
43 просмотра · 8 месяцев назад
STOEPMUSIEK
20 подписчиков
43 просмотра · 8 месяцев назад
As jy
na my verlang
gaan soek my
in fyn porselein
gaan soek my
in goudgeel melktert
toegegooi onder
bruin pypkaneel
gaan soek my daar
in die laeveld se aandlug
waar lelies, amarillis
en delfiniums
in fyn beddings
op jou wag
en as jy na my verlang
kyk uit vir my spore
in 'n waterval se sproei
op 'n voetslaanpad
waar die son koekeloer
ek is in die aandwind
in die loerie se gesang
tussen wilde gras
en veldblomme
dit is waar ek nog altyd was
as
jy
na my
verlang
Ooorspronklike woorde: Linda van Wyk
Verwerking en produksie: Simon Riekert
© 2026