Ian Cameron oor GBV en SA-moordsyfer, VSA en SA-betrekkinge, Jan Braai oor die idee agter Braaidag.
Die Papier Praat
0:00 / 0:00
Ian Cameron oor GBV en SA-moordsyfer, VSA en SA-betrekkinge, Jan Braai oor die idee agter Braaidag.
4 605 просмотров · 17 часов назад
Die Papier Praat
2,29 тыс. подписчиков
4 605 просмотров · 17 часов назад
TOENAME IN GEWELDSMISDAAD IN SA: Geweld teen vroue is hoofnuus nadat nege vroue se liggame in ʼn kort tydperk aan die Oos-Rand ontdek is. Dit het die hele kwessie van geweld in Suid-Afrika weer in die kollig geplaas, met baie mense wat vra hoekom daar so ʼn groot klem is op hierdie moorde terwyl duisende mense elke jaar in Suid-Afrika sterf. Ons praat met Ian Cameron hieroor.
KAAL VROU SOEK HULP IN VERKEER: Bloemfonteinse motoriste was geskok om Maandagmiddag ʼn kaal vrou in die verkeer in Memoriamweg te sien hulp soek. Die vrou is ʼn student wat saam met haar vriend op pad terug van die Motheo-kollege deur twee mans oorval is. Die man is vasgebind en die vrou erg aangerand en ontklee. Haar aanvallers het ook probeer om haar te verkrag. Die paartjie het daarin geslaag om te ontsnap.
SAKEMAN SY WERK, BLYPLEK KWYT: ʼn Zimbabwiese sakeman is sy werk én blyplek kwyt nadat hy verlede naweek in ʼn Sandton-restaurant gedreig het om vroue te skiet. Lawrence Mudzinganyama se dreigemente het gevolg nadat die vroue hom gevra het om hulle uit te los. ʼn Video van die voorval is landwyd versprei, en teen Maandag was hy sy werk kwyt. Die spoglandgoed Steyn City het hom ook uitgeskop.
PLAASMOORDE IN DIE KOLLIG: Die omstrede Witkruisprojek plaas Suid-Afrika se plaasmoorde dié week in die kollig in Washington D.C. in die VSA. Sowat 3 000 wit kruise ter nagedagtenis aan slagoffers van plaasmoorde sal hier vertoon word. Die projek, wat deur die Suid-Afrikaanse organisasie Lex Libertas en die New York Young Republican Club aangebied word, sluit ’n konferensie, ‘n dokumentêre rolprent en ’n petisieveldtog in.
VERVALDE VUURWAPENLISENSIES: Ons berig vandeesweek omvattend oor ‘n hofsaak rondom die eienaarskap van vuurwapens met vervalde lisensies. Sulke vuurwapens mag voorteen by ’n gelisensieerde handelaar gestoor, verkoop of oorgedra word. Dié besluit volg na ‘n hofaansoek deur die National Hunting and Shooting Association en die South African Arms and Ammunition Dealers Association.
GRAND PRIX KOM DALK KAAP TOE: Kapenaars kry dalk teen 2031 hul eie Formule 1 Grand Prix-wedren. ‘n Privaat-konsortium het vandeesweek formele planne aangekondig vir die bou van ‘n F1-renbaan in die Swartland. Blue Mountain Racing het die aankondiging Dinsdag by die jaarlikse Swartland Burgemeestersontbyt gemaak.
Die Papier Praat
Aanbieder: Daniëlla van Heerden
Sportaanbieder: Jana Swart
Produksieredakteur: Ilse Salzwedel
Uitvoerende vervaardiger: Bettie Giliomee-Rossouw
Bemarking: Amy Lé-Semper en Breinstorm Brand Architects
Vervaardig in opdrag van Novus Media
Vir Novus Media:
Esmé Smit (Hoofbestuurder)
Jeannine van Zyl (Hoof van Premium Publikasies)
Vir Die Papier:
Barnard Beukman (Redakteur)
Lucia Poolman (Nuusredakteur)
Stehan Schoeman (Sportredakteur)
Vir NovaNews:
Lise Beyers (Nasionale redakteur: digitale nuus)
Dustin Wetdewich (Nasionale sportredakteur: digitale nuus)