Bokkie Lief
Sakkie Pretorius
0:00 / 0:00
Bokkie Lief
2 136 просмотров · 2 месяца назад
Sakkie Pretorius
229 подписчиков
2 136 просмотров · 2 месяца назад
Bokkie Lief – Vir my vrou, Annerie “Bokkie”
“Bokkie Lief” is ’n lied wat ek self gekomponeer het vir my vrou. Sy was nog altyd die een wat my aangespoor het om met my musiek voort te gaan, en sy het my deur die jare altyd bygestaan en ondersteun.
Voor ek saam met die Boerewors Broers gespeel het, het ek ook vir die Pretoria Jakaranda Orkes gespeel. Ek was ook bevoorreg dat twee van my opnames al op IFM 102.2 se program BoBAAS Boere Top 5, aangebied deur Marius De Vos, uitgesaai is — waarvan “Bokkie Lief,” my eie komposisie, nommer 1 bereik het. Die ander een (Kristal Waters) het 3de plek bereik.
Willie Mynhardt het ook van my opnames gespeel op sy program, “In die Ou Waenhuis,” op Pretoria FM.
Ek het ook twee opnames saam met die Boerewors Broers gedoen vir Varstrap op kykNET Nou. Daar is ook later ’n Varstrap-weergawe van “Bokkie Lief” opgeneem, waar Marius Van Wyk op klawerbord, Hannes Schoeman op ritmekitaar en Willie Mynhardt op banjo saamgespeel het. Daardie video sal ek later ook hier op my kanaal oplaai.
Hierdie opname wat ek nou plaas, is waar ek en Marius Van Wyk saam “Bokkie Lief” speel. Op hierdie opname speel ek self die leierkitaar én die ritmekitaar. Die opname is oor en oor gedoen totdat ons al die instrumente ingelas het.
Alles hiervan was moontlik omdat my vrou my altyd bygestaan het. Sy was saam met my by plekke soos die Boeremusiek Gilde-byeenkomste, en ook waar ek saam met die Boerewors Broers opgetree het — so ver soos Klein Kariba, Bloekompoort, Leeupoort, Buffelspoort en vele ander plekke. Sy was altyd aan my sy, en haar ondersteuning het vir my baie beteken.
Sy het nie geweet wat “Bokkie Lief” se naam is of waar die naam vandaan kom voordat dit vir Varstrap opgeneem is nie. Ek het net gesê ek dink nog oor die naam. Dit was my verrassing aan haar — vir al haar opoffering, liefde en bystand deur die jare.
Komposisie: Sakkie Pretorius
Hierdie opname: Sakkie Pretorius saam met Marius Van Wyk
My kitaar. My gevoel.
Dankie vir elke Like, Subscribe en ondersteuning.
Bokkie Lief – For my wife, Annerie “Bokkie”
“Bokkie Lief” is a song I composed myself for my wife. She has always been the one who encouraged me to keep going with my music, and through the years she has always stood by me and supported me.
Before I played with the Boerewors Broers, I also played for the Pretoria Jakaranda Orkes. I was also privileged to have two of my recordings played on IFM 102.2’s program BoBAAS Boere Top 5, hosted by Marius De Vos — one of which was “Bokkie Lief,” my own composition, which reached number 1. The other one (Kristal Waters) reached 3rd place.
Willie Mynhardt also played some of my recordings on his program, “In die Ou Waenhuis,” on Pretoria FM.
I also did two recordings with the Boerewors Broers for Varstrap on kykNET Nou. Later, a Varstrap version of “Bokkie Lief” was also recorded, where Marius Van Wyk played keyboard, Hannes Schoeman played rhythm guitar, and Willie Mynhardt played banjo. I will upload that video here on my channel later as well.
This recording I am sharing now is where Marius Van Wyk and I play “Bokkie Lief” together. On this recording, I play both the lead guitar and the rhythm guitar myself. The recording was done repeatedly until we added all the instruments.
All of this was possible because my wife always stood by me. She joined me at places such as the Boeremusiek Gilde gatherings, and where I performed with the Boerewors Broers — as far as Klein Kariba, Bloekompoort, Leeupoort, Buffelspoort and many other places. She was always by my side, and her support has meant so much to me.
She did not know what “Bokkie Lief” was called or where the name came from before it was recorded for Varstrap. I only told her that I was still thinking about the name. It was my surprise to her — for all her sacrifice, love, and support through the years.
Composition: Sakkie Pretorius
This recording: Sakkie Pretorius with Marius Van Wyk
My guitar. My feeling.
Thank you for every Like, Subscribe, and all your support.