Roos van Mooirivier se vlaktes
Sakkie Pretorius
0:00 / 0:00
Roos van Mooirivier se vlaktes
1 918 просмотров · 7 месяцев назад
Sakkie Pretorius
258 подписчиков
1 918 просмотров · 7 месяцев назад
Roos van Mooirivier se Vlaktes
“Roos van Mooirivier se Vlaktes” is vir my ’n baie spesiale lied. Oom Solly Marx het hierdie lied vir my altyd besonder pragtig gespeel, en hy doen dit nog steeds, en hy was die eerste kitaarspeler na wie ek as jongmens oor en oor geluister het. Sy spel en gevoel op die kitaar bly vandag nog vir my besonders.
Ek onthou hoe ek langs die plate speler gesit het met een van Oom Solly se plate, “Kitaar-Party.” Ek het geluister, die naald opgelig, teruggesit, weer geluister en probeer saamspeel — oor en oor — totdat ek dit reg gekry het. Dit is hoe ek kitaar leer speel het.
Hierdie is een van daardie liedjies wat Oom Solly vir my baie mooi gespeel het, en met hierdie opname speel ek dit op my eie manier, met groot respek vir daardie herinneringe en vir die invloed wat sy kitaarspel op my gehad het.
Op hierdie opname speel ek self die leier kitaar en die “running bass”-gedeelte. Die ander agtergrond instrumente is alles deur Marius Van Wyk gedoen.
My kitaar. My gevoel.
Dankie vir elke Like, Subscribe en ondersteuning.
Roos van Mooirivier se Vlaktes
“Roos van Mooirivier se Vlaktes” is a very special song to me. Oom Solly Marx always played this song so beautifully, and still does, and he was the first guitar player I listened to over and over as a young man. His playing and feeling on the guitar still remain very special to me today.
I remember sitting next to the record player with one of Oom Solly’s records, “Kitaar-Party.” I would listen, lift the needle, place it back again, listen again, and try to play along — over and over — until I finally got it right. That is how I learned to play guitar.
This is one of those songs that Oom Solly played so beautifully for me, and in this recording, I play it in my own way, with great respect for those memories and for the influence his guitar playing had on me.
On this recording, I play the lead guitar and the running bass part myself. All the other background instruments were done by Marius Van Wyk.
My guitar. My feeling.
Thank you for every Like, Subscribe, and all your support.