"My lewe het radikaal verander nadat ek 102 kg verloor het" | Willem Strauss
BAASRAAK SAAM COACH FREEK
0:00 / 0:00
"My lewe het radikaal verander nadat ek 102 kg verloor het" | Willem Strauss
813 просмотров · 1 год назад
BAASRAAK SAAM COACH FREEK
19 тыс. подписчиков
813 просмотров · 1 год назад
🎙 Hierdie week op die Baasraak saam Coach Freek se Potgooi: Coach Freek gesels met Entrepreneur en Avonturier Willem Strauss
In 2014 is Willem gediagnoseer met diabetes. Na 'n maagomleiding-operasie het hy ongelooflike 102kg verloor – en sy lewe het radikaal verander. Sy insulienmedikasie is reeds twee dae later in die hospitaal gestop. Willem was nie meer diabeet nie.
Met hernieude krag en passie het Willem weer begin oefen, en later deelgeneem aan maratonne en ysterman-kompetisies. Sy avontuurlustige gees het hom selfs tot op die hoogste piek van Afrika geneem, waar hy saam met vriende Kilimanjaro uitgeklim het. Boven-op die berg het Willem 'n vlag geplant met sy gesin se foto en die woorde: "Ek en my huis, ons sal die Here dien."
Maar Kilimanjaro is net een van die berge wat Willem in sy lewe baasgeraak het. In hierdie potgooi gesels hy met Coach Freek oor sy fisiese en geestelike oorwinningstogte – en hoe God hom deur elke uitdaging gedra het.
🙌 Teken in op die kanaal vir meer lewensveranderende verhale.
Volg ons op Sosiale Media:
Website► https://www.baasraak.tv/
WhatsApp Kanaal ► whatsapp.com/channel/0029Vb6lAk18kyyMFfJpYx2R
Instagram► instagram.com/baasraak.tv
Facebook► / baasraak
TikTok► tiktok.com/@baasraak
Ondersteun die Baasraak TV Finansieel: https://www.baasraak.tv/ondersteun-ons